Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

    Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 17 ViewsJune 24, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Neil Sandilands het beslis geen bekendstelling nodig nie. Na kykers hom leer ken het as Bart van 7de Laan-faam met sy duiwe, het Neil intussen ‘n paar albums uitgereik en rolle vertolk in verskeie Hollywood-films.

    NetfloristOfferforge

    Terug op Suid-Afrikaanse bodem, beplan Neil Sandilands ‘n nuwe landswye toer, wat afskop 27 Junie. Boon-op stel hy ook ‘n musiekvideo vry en ‘n splinternuwe album, Land & Sand.

    Neil Sandilands

    Hierdie album, Land & Sand, het tot stand gekom deur ’n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Dit was komplekse en onseker tye. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is.

    Die tydsfaktor was van belang en blyk poëties te wees, siende dat Neil Land & Sand saam met my jarelang vriend en vervaardiger, Theo Crous kon vergestalt. Hulle het die album binne drie weke gemaak en dit was “MAIN”.

    Tweedens is daar die opkomende Land & Sand toer, wat aanvang neem 27 Junie 2024 en eindig 4 Augustus 2024. Neil dink wat hulle probeer bied in die “lewendige uitvoerings” van sy werke, is om dit altyd nuut & vars te hou.

    Dit het sin gemaak om nuwe skrywes so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val. Natuurlik gaan hulle van die meer bekende, ouer werke ook doen, maar dit verleen ’n “kraakvars element” aan die toer. Kry jou kaartjies vir die toer HIER.

    Neil Sandilands vertel ons meer oor die nuwe album

    “Die liedjies op dié album was letterlik AL wat ek in my agtersak gehad het, wat ek min of meer in volledigheid kon aanbied, tussen die vervaardiging van reekse en films en allerhande ander bedrywighede. Dis miskien ’n meer direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my resente bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika.”

    “Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink, of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: “Hier’s is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan”. Dit vereis nie werklik meer verduideliking nie.”

    “Die omslag vir die album is ’n historiese oomblik. Dis ’n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai herontdek het. Dis werklik die eerste keer wat ek ooit voor ’n lewendige gehoor opgetree het. Dit was geneem tydens ’n revue van Laerskool Randfontein in 1982 en ek het ’n solo “Hak Hom Blokkies” van David Kramer met oorgawe gesing.”

    featured event

    “Ek was 6 jaar oud. Oorsprong. “Land & Sand”. Daar’s ’n verband tussen die omslag en die snit “Gooi Kole”. Die woord “verbetenheid” kom in my kop op. Ek verwag dat die snit soos ’n virus sal versprei.”

    Die musiekvideo vir Neil Sandilands se liedjie “Gooi Kole” (die eerste enkelsnit van die nuwe album af) is ook nou beskikbaar, kyk dit hier onder:

    Neil Sandilands vertel ons meers oor die video vir “Gooi Kole”

    “Die heerlikste ding omtrent die “Gooi Kole” musiekvideo is dat ons dit tydens die verfilming van “Die Groot Niks” in die Kaokoveld, Namibië opgetower het. Die prettige vente in die video is die span wat “Die Groot Niks” vergestalt het.”

    “Hulle het ingestem om na-uurs, in die aand, na ’n lang dag se verfilming, sommer te jive om die vuur! Die genot wys! Hoe dan anders? Terloops, die kêrel met die handle-bar moustache wat so lekker jive en duik, se naam is Johan “Kole” Kruger. He owned it!! Ek kan nie wag om te sien as mense hulle eie “Gooi Kole” videos vir my begin stuur nie. Die rook gaan draai!”

    Neil Sandilands deel sy denke met ons

    “My persoonlike gunstelinge op die album is “Hephzibah” en “Lei my na die Water”, maar genuinely, hoe kan jy meen jy’s liewer vir die een kind as die ander? Dit gebeur natuurlik, maar laat ek dit so stel, ek staan Pa vir elke snit op die album. Without a doubt.”

    “Laastens wou ek graag die werke só skep dat ek “Die Band” (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan migreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het.”

    “Dit was ’n kwessie van “doen dit nou of glad nie”. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewendige uitvoering daarvan. Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).”

    “Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het iets gesê soos “There is no inspiration such as a deadline”. Die proses het my geleer dat daar veel waarde daaraan is om meer intuïtief en instinktief te werk, as serebraal. Met die album, dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.”

    Neil Sandilands se Land & Sand is nou beskikbaar op Spotify en alle digitale platforms.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
    • Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit
    • Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb
    • Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Land & Sand Neil Sandilands South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDavid Watkyns Releases “Oh No! (This Could Be Love)”
    Next Article The Joy Release Self-Titled Debut Album
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.