Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Interviews»‘n Onderhoud met Jaakie

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Interviews 2 ViewsOctober 11, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Een van Suid-Afrika se gewildste jong sangers, Jaakie, is nie net ‘n talentvolle kunstenaar nie maar ook ‘n voormalige wakeboard-kampioen.

    NetfloristOfferforge

    Ek het onlangs met die man gesels, hier is wat hy te sê gehad het.

    Geluk met die klomp cool singles wat jy in minder as n jaar uitgebring het: “Hulle” saam met Jack Parow, “Kolwyntjie” saam met VAN STRATEN, “Dans nie” en nou die nuutste “Check vir My” met Hunter Kennedy en Fred den Hartog. Waar het dit alles begin vir jou?

    “Dankie, dit voel nog half onwerklik as ek terugkyk hoeveel al gebeur het in só ’n kort tyd. Alles het begin toe ek toevallig by Sunset Recordings beland het saam met my tjommie Francois van Straten.”

    “Fred den Hartog het my toe sommer vinnig agter die mic ingegooi en daai freestyle het my hele journey as Jaakie aan die rol gesit. Daai dag was die beginpunt van iets groter as wat ek ooit kon droom.”

    Jaakie

    Hoe het Jaakie dit reggekry om jou debuut-single saam met Jack Parow te kon maak? En hoe het hy dit ervaar?

    “Dis ’n droom wat waar geword het. Fred het die idee ge-drop dat ons Jack Parow moet vra, en ek het eers gedink dis onmoontlik.”

    “Maar hy was keen, en toe ons in die studio was, het hy sy verse so vinnig en effortless geskryf. Dis toe ek besef ek maak musiek saam met die grootste Afrikaans rapper ooit. Ek kan nog steeds nie glo dis my debuut nie.”

    Wat dink Jakkie het alles bygedra tot sy vinnige sukses in die Afrikaanse musieklandskap?

    “Ek dink my vinnige groei kom van hoe ek musiek aanpak – sonder façade, net real en vol energie. Ek gebruik sosiale media as my speelgrond om kreatief te wees en mense te betrek, en ek dink dit help dat ek nie bang is om myself bietjie uit te lag of snaakse goed te deel nie.”

    “Dan natuurlik die ongelooflike mense om my: Francois, Fred, Hunter, Parow. Hulle het my nie net gehelp met musiek nie, maar ook gewys hoe die bedryf werk.”

    Is daar enige vroue kunstenaars met wie jy ook `n collab sal wil doen?

    “Zoé, Lisa Basson, Margot Rothman, Janie Bay.”

    NetfloristOfferforge

    Jaakie het `n indrukwekkende sosiale media teenwoordigheid. Tot hede is daar nagenoeg 5 miljoen gesamentlike kyke op Instagram, TikTok en YouTube Shorts. Hoeveel uur per dag spandeer jy om inhoud te skep en waar kry jy jou inspirasie?

    “Ek spandeer seker maklik vier tot ses uur ’n dag aan content.  Dis amper soos nog ’n voltydse werk. Soms beplan ek ’n week se idees vooruit, maar baie keer gebeur dit sommer spontaan.”

    “Ek sien iets snaaks, of hoor ’n klank, en ek maak dit my eie. My inspirasie kom van die lewe rondom my, van my vriende, my meisie, die musiek en die mense wat comment. Ek probeer altyd iets maak wat lag en lekker voel, iets wat mense laat sê ‘ja, dis so tipies Suid-Afrikaans’.”

    “Kolwyntjie” het besonders goed gedoen. Meer as 1000 mense het dit in hul social videos al gedeel – hoekom dink Jaakie is hierdie song so gewild?

    “‘Kolwyntjie’ kom uit ’n plek van liefde en lekker gevoel – dis ’n song oor my meisie, oor die gevoel van verlief wees en net saam lewe, sonder stress.”

    “Ek dink mense hou daarvan omdat dit eg is. Dis nie ’n song wat probeer wees iets nie. Dis net fun, vol vibe, en dit vat jou sommer dadelik strand toe in jou kop. En ek dink die hook bly net in jou kop vas. Dis daai type tune wat jy onwillekeurig begin sing.”

    Praat so van sosiale media – gesels baie van Jakkie se fans direk met hom? Kry hy ook haters, en indien so, waaroor kla hulle die meeste?

    “Ja, ek kry daagliks boodskappe. Mense stuur hulle eie videos, vra vrae of sê net dankie vir die musiek. Dis crazy om te sien hoe connected almal voel.”

    “En ja, daar’s altyd ’n paar haters, maar dis deel van die game. Meestal gaan dit oor klein goed, soos hoe ek praat of lyk, of dat ek iets ‘anders’ doen. Ek vat dit nie persoonlik nie; as mense oor jou praat, beteken dit jy doen iets reg. Ek fokus eerder op die liefde wat inkom, want dis 95% positief.”

    Wat is die beste raad wat iemand in die musiekbedryf al vir Jaakie al gegee het?

    “Fred den Hartog het vir my gesê: ‘Moenie probeer wees wat jy dink mense wil hê nie – wees net 100% jy.’

    Jy is ook `n SA Wakeboard Champion? Vertel ons bietjie meer.

    “Ja, ek het vir baie jare professioneel wakeboard gery en Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig. Ek het al Springbok-kleure gekry en by Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.”

    “Wakeboarding het my geleer van dissipline, kompetisie en hoe om te val en weer op te staan. Ek dink daai mindset help my nou in musiek ook – om nooit op te gee nie, al voel dit soms moeilik.”

    Jaakie Kunstenaar

    Wat is Jaakie se planne vir die res van die jaar?

    “Ek en my span is besig om aan nog ’n paar nuwe tracks te werk, en daar’s groot planne vir 2026. Ek wil meer live speel: groot feeste, universiteite, en events oral in SA.”

    “Daar’s ook iets spesiaals aan die kom waar ek ’n nuwe kant van myself gaan wys, maar ek gaan nog nie te veel sê nie. Die fokus is om momentum te hou, meer mense te bereik, en musiek te maak wat mense laat smile en saam sing.”

    Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Jaakie te bedank vir hierdie vlugtige onderhoud. Ek wens hom als van die beste toe met sy toekomstige musikale avonture.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • ‘n Onderhoud met Christof Berg
    • ‘n Onderhoud met Dani Villé
    • Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem
    • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jaakie South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDavid Derman Releases New Single: “I Know You”
    Next Article Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    More Interviews
    Dani Villé
    August 14, 2025

    ‘n Onderhoud met Dani Villé

    6 Mins Read24 Views
    Sheron
    November 25, 2024

    An Interview With Sheron

    7 Mins Read26 Views
    Dylan Tori
    August 7, 2024

    An Interview With Dylan Tori

    6 Mins Read28 Views
    Categories
    Latest Articles in Other Categories
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read3 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read6 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Stuff To Do
    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Artist/Band/Group Profiles
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Majozi

    Majozi

    Leigh Avenue
    Featured Articles
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.