Hierdie is die verhaal van `n romantiese Afrikaanse popster van die Kaap met die naam Jaakie, en sy droom wat uiteindelik waar geword het.
Dit is ‘n reis wat oor jare gestrek het, maar alles het vir hierdie kunstenaar in plek geval op 11 April 2024. Op daardie dag het sy vriend, Francois van Straten, hom gevra om ‘n paar foto’s en videos by Sunset Studios te kom neem.
Francois was besig om aan musiek te werk saam met die musiekvervaardiger Fred den Hartog. Wat hy nie geweet het nie, was dat hierdie dag sy lewe onherroeplik sou verander.
Terwyl hy daar was, het Jaakie begin rondspeel met ‘n paar lirieke en verse, en toe Fred voorstel dat hulle iets daarmee doen, het Jaakie dadelik agter die mikrofoon ingeskuif en sommer ge-freestyle.
Dit was in daardie oomblik dat Jaakie as kunstenaar gebore is
Hy kon dit voel—die energie, die vreugde, die klik van al die stukkies wat in plek val. Die naam “Jaakie” was nie net ‘n alias nie; dit was ‘n manifestasie van jare se passie en strewe na ‘n droom.
`n Paar maande later het Fred voorgestel dat hy daaran moet dink om ‘n paar Afrikaanse liedjies te skryf en op te neem. Die vrystelling van sy debuutsnit “Hulle” met sy held Jack Parow as gaskunstenaar, is gebore uit hierdie visie.
Die lirieke van “Hulle” is geïnspireer deur die bekende slagspreuk van Dricus de Plessis “hulle weet nie wat ons weet nie.”
Die frase is ‘n viering van Suid-Afrikaners se unieke uitkyk op die lewe. Jaakie sê: “Ons het `n eiesoortige sin vir humor. Ek wou op my manier `n gevoel van samehorigheid in die liedjie vasvang. Dit gaan oor die idee dat, ten spyte van ons verskille, ons almal een is as `n nasie. Ons is Suid-Afrikaners.”
Jaakie en Jack Parow het elk hul eie lirieke geskryf en opgeneem
Dit was nommerpas! Vir Jaakie was die hele proses om met Jack Parow saam te werk iets wat hy beskryf as “’n vergrootglas-ervaring.”
Hy verduidelik: “Die proses was net Ongelooflik. Dit het my kuns en inspirasie na ‘n hoër vlak geneem. Ek kan steeds nie glo dat ek ‘n liedjie gemaak het met die grootste Afrikaanse rapper ooit nie.”
Jack Parow sê dat hy dadelik geweet het dat hy deel wil wees van die skepping van die enkelsnit. “Jaakie het ‘n amazing vibe. ”
“Sy energie en hoe hy dinge aanpak, is net so cool. Ek hou van mense wat nie op hulle laat wag nie, wat self inspring en dinge aan die rol kry. Jaakie is so `n bra. Ek het baie tyd vir hom en ek dink ons gaan nog lekker saamjol em moeilikheid maak in die toekoms.”
Die musiekvideo is gemaak deur “Perissos,” ‘n kreatiewe agentskap wat Jaakie saam met David van Heerden, Karlo Viljoen, Daniel Jooste en Josh Brand gestig het.
Kyk die video hier onder:
Wees ook op die uitkyk vir Jaakie se tweede enkelsnit “Kolwyntjie”, wat binnekort uitgereik sal word.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.