Dani Villé het in 2020 haar eerste EP, Dani Villé, onder Universal Musiek uitgereik met treffers soos “Verdwaal”, “Twee keer”, “Ek soek net vir jou” en “As ek sing”. Sedertdien het sy as onafhanklike kunstenaar ‘n sterk teenwoordigheid op platforms soos Spotify, iTunes en Deezer opgebou, met nuwe uitreikings soos “Blinkers”, “Alles”, “Liefdeskind” en “Ruled by You”.
Sy het ook haar kennis van die musiekbedryf versterk deur ‘n driejaar Diploma in Musiekbesigheid by COPA Kaapstad te voltooi, wat haar gehelp het om haar loopbaan strategies en professioneel te bestuur.
Buiten haar solo-werk, tree sy gereeld op by haar familie se buitelug musiekteater saam met groot name soos Spoegwolf, Refentse, Elvis Blue, Kahn Morbee, Elandré en Riaan Benadé.
Met ‘n vol optredekalender en nuwe musiek wat binnekort verskyn, bly Dani toegewyd aan haar kuns. Haar 2 nuwe enkelsnitte “Jy`s Okay” en “Ek verkies musiek” is onlangs uitgereik. Ek het so bietjie met haar gesels daaroor.
Geluk met jou twee nuwe enkelsnitte “Jy`s Okay” en “Ek verkies musiek.” Wat het jou laat besluit om voltyds musiek te maak en hoe lank doen jy dit al?
“Ek het nog altyd in ‘n musikale familie en huis groot geword, maar die dag wat ek besef het musiek is wat ek vir die res van my lewe wil doen, is toe ek op die ouderdom van 15 jaar oud vir die eerste keer by die jaarlikse KKNK gesing het.”
“Al die mense in die industrie wat ek daar ontmoet het, en die ervaring wat ek op so jong ouderdom opgedoen het en nog daarna ook, het my so baie geinspireer. Dit was te danke aan dit en die feit dat ek al die ondersteuning van my naastes gehad het, wat ek geweet het ek kan musiek voltyds doen. Ek het direk na skool begin voltyds sing, so dit is nou al 7 jaar later.
Jy het `n Diploma in ‘Musiek Besigheid’ van die Campus of Performing Arts (COPA) in Kaapstad. Hoe gebruik jy hierdie studies in jou musiekloopbaan?
“Ja, en dit was die beste besluit wat ek ooit kon neem vir my musiekloopbaan. Dit is so belangrik as ‘n kunstenaar om nie net die talent en stem te he nie, maar ook te verstaan hoe die besigheidskant van musiek werk.”
“Jy as kunstenaar is wel jou eie besigheid wat aanhoudend bemark en bestuur moet word. Die Diploma het my gehelp om myself te bestuur en alles met in die industrie te verstaan, en dat wanneer okal iets gebeur, ek oop my eie twee voete as kunstenaar kan staan.”
Hoe gereeld tree Dani Villé op en watter raad kan sy vir musikante gee wat voel dat daar nie genoeg goeie venues is om by te speel nie?
“Ek tree omtrent 4-5 keer op elke week, baie oor naweke natuurlik. My raad aan ander is, moet nie ophou soek nie.”
“Volg op met eposse, wees konstant aan die soek vir nuwe venues, al beteken dit jy moet heeldag voor jou rekenaar sit. Dit is die moeite werd. Hoe meer jy by nuwe plekke optree, hoe meer nuwe mense sien jou en wil jou dan book vir hul funksie of fees.”
Jou twee nuwe liedjies is uiteenlopend: een is meer pop en een meer rock. Hoekom dink jy hou meeste kunstenaars by net een klank en wat het jou laat besluit om bietjie meer te waag?
“Ek het besef dit is baie belangrik om divers te wees met mens se musiek as kunstenaar, juis oor die feit dat nie almal van dieselfde tipe musiek hou nie en mens maklik moet kan aanpas by mens se gehoor.”
“Ek wil vir die mense wys dat ek ‘n veelsuidige kunstenaar is en lief is vir klomp verskillende style van musiek. Mens hoef nie net by een styl te hou net omdat die res van die mense doen nie. Wees anders.”
Vertel ons meer van die twee nuwe liedjies. Wat het dit geinspireer en hoe is die terugvoer sover?
“Jy’s Okay” het ek nog in 2023 geskyrf toe ek in Berlyn was vir 3 maande vir my musiek. Dit was aan die begin van my trip, en ek was baie hartseer.”
“Ek het al my mense en geliefdes gemis, en gewonder of ek die regte besluit geneem het om na ‘n wildvreemde land te reis en my musiekloopbaan in Suid-Afrika vir 3 maande ‘op eis’ te sit, want almal weet dat dinge so vinnig kan verander.”
“Dit was toe my kerel wat my geisnpireer het agter die liedjie. Hy het my herrinner hoe goed ek doen en hoe trots ek op myself kan wees, en dat alles gaan okay wees. Toe onstaan “Jy’s Okay”.”Ek verkies Musiek” is nou weer ‘n heeltemal ander styl – Rock.”
“Ek is mal oor Rock, en toe ek met die melodie en woorde agter die liedjie begin het, het ek geweet dat dit in die styl van Rock moet wees. Ek het spesifiek geskryf oor mense wat om my in slegte verhoudings was, en dat as ek in daardie posisie was, ek heel eerder musiek verkies bo-oor enige hartseer. Albei liedjies het alklaar sulke goeie terugvoering, en ek is so dankbaar dat almal hul liefde vir my musiek wys.”
Wat doen Dani Villé om te ontspan?
“Ek gaan kuier vir my ouers op hulle plaas en lees, of vat ‘n lang warm bad.”
Wat is die beste raad wat iemand in die musiekbedryf vir jou gegee het?
“Dat daar gaan altyd iemand met dieselfde talente as jy wees, dis die uithouvermoe en harde werk wat jou ‘n stappie bo die res gaan sit.”
Jy was ook vir n rukkie in Berlyn in 2023. Hoe verskil die musiekkultuur tussen Duitsland en SA?
“Verskriklik baie. Daar is die mense nie gepla met watter tipe musiek op die oomblik ‘trend’ nie. Almal maak die tipe musiek wat hulle wil, en of jy nou verskriklik bekend is, of dit jou eerste optrede is, die mense gaan nogsteeds jou shows kom kyk en jou ondersteun.”
Wat motiveer vir Dani Villé?
“My ondersteuningsbasis. D.w.s my familie en geliefdes, want sonder hulle, kon ek nooit doen wat ek nou doen nie.”
Som jouself in drie woorde op.
“Kleurvol, Lojaal, Aanpasbaar.”
Waar kan mense vir Dani Villé volg of bespreek vir optredes?
“Op Instagram, Facebook en TikTok. Stuur ‘n e-pos na dannyd1devilliers@gmail.com vir besprekings. Ek plaas al my opkomende optredes en enigeiets rakende my musiek op my sosiale media platforms.”
Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Dani Villé te bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens haar als van die beste toe met haar loopbaan vorentoe.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op SA Music Zone.
Like what we do? Support us! Buy us Coffee and help us to bring more content to you.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.