Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Loki & Die Heuwels Fantasties Reik “Nog Een” Video Uit

    Loki & Die Heuwels Fantasties Reik “Nog Een” Video Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 25 ViewsJuly 20, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Loki Rothman het in 2009 se SA`s Got Talent harte gesteel met sy unieke kitaarspeel -vernuf en vandag is hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars van sy tyd. Sanger, Musikant, Musiekregisseur, Komponis vir Televisie reekse en Films,

    NetfloristOfferforge

    Loki se dagboek is vir die afgelope drie jaar so vol, dat hy nou eers kans kry om die Afrikaanse liedjies wat hy in Maart 2020, net voor die Covid grendeltydperk uitgereik het, weer die lig te laat sien.

    Loki vertel dat sy enkelsnit “Nog Een”, wat hy saam met Die Heuwels Fantasties opgeneem het,  reeds sy oorsprong in 2018 gehad het

    “Ek was toé besig met musiek vir die kykNET reeks Tydelik Terminaal. Die musiek hiervoor was baie meer elektronies. Terselfdetyd was ek in die middel van `n proses om my debuut Afrikaanse album te skryf en op te neem.”

    “Dit was `n natuurlike proses. Ek het omtrent 4 jaar lank daaraan gewerk, daar was vir my geen haas nie. In 2019 het ek wel besluit dat die album op daardie stadium moes klaarkom. Ek het nog so drie liedjies nodig gehad vir `n tradisionele 10-snit album.”

    “Terwyl ek so aan nuwe liedjies begin werk het, kom ek af op `n 40 sekonde-stukkie van die eletroniese musiek wat ek vir Tydelik Terminaal gekomponeer het. Dit het vir my `n baie besonderse klank gehad en as inspirasie gedien vir die skryf van die vers en die koor vir “Nog Een.” Ek het net geweet dit is `n lied wat ek saam met Die Heuwels Fantasties moes opneem. Ek het hulle gekontak en almal het ingestem om dit saam te doen.”

    Loki & Die Heuwels Fantasties - Nog Een

    Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties werk al vir jare saam met Loki aan verskeie musiek-projekte op verskillende vlakke. “Loki kan alles doen. Hy is the real deal. Hierdie liedjie wat ons saam doen is een van my favourites.” sê Greeff.

    As musiekregisseur is dit vir Loki moontlik dat hy sy liedjies van die skryfproses regdeur tot die finale vermenging self te kan doen. Met “Nog Een” was Ewald van Rensburg ook betrokke by die produksie en die liedjie was aanvanklik in Maart 2020 uitgereik. Loki het net een vertoning van `n beplande toer om die album bekend te stel gedoen, toe die wêreld skielik daardie tyd stilstaan.

    Loki vertel ons meer

    “Ek het my besig gehou met TV en Film-musiekwerk vir die volgende paar jaar. In hierdie tyd het alles verander en my eie album en werk as kunstenaar het agtergebly. Onlangs het ek weer besef dat ek tog ook aandag aan my eie musiekloopbaan as sanger wil gee en nie net wegraak in musiekvervaardiging nie.”  

    Loki Rothman 2023

    “Ek voel die beste twee liedjies op my 2020 debuutalbum het nie tot hulle volle reg gekom nadat die grendeltydperk alles stopgesit het nie. Ek het onlangs nuwe videos gemaak vir hierdie twee liedjies, “Nog Een” met DHF en “Dronkverdriet” met Francois van Coke en het besluit om die liedjies dan ook weer uit te reik.”

    NetfloristOfferforge

    “Later vanjaar reik ek ook `n splinternuwe Afrikaanse liedjie met `n video uit, en hierdie drie videos, vorm dan `n storie wat mens kan volg as jy hulle die een na die ander kyk.”

    Kyk die video vir “Nog Een” hier onder:

    Een van die mylpale vir Loki van die afgelope paar jaar is dat hy sy eie studio, Rothman Records, tuis geskep het

    “Dit is `n privaatstudio, mens kan nie eintlik bespreek nie, maar dit is `n spasie waar ek en die kunstenaars, met wie ek saamwerk, asook en Flim en TV kliënte, musiek kan maak en opneem.”

    “Nog `n onlangse hoogtepunt vir my, is dat die bekende kitaar-handelsmerk Alvarez vir my twee signature Loki Rothman kitare gebou het nadat hulle my een van hul kitare sien speel het op `n Tik Tok video wat ek gedeel het. Die kitare word in `n klein dorpie in Japan vervaardig en kan deur Alvarez bestel word.“

    Vir Loki is die tydsverloop `n baie interessante faktor

    “Ek is op `n heel ander plek as mens as wat ek was toe “Nog Een” vir die eerste keer in 2020 uitgereik is. Toé het die sukses van my liedjies baie saakgemaak.”

    “Ek was meer sensitief daaroor, dit was alles of niks. Nou is my loopbaan reeds op `n baie goeie plek. Ek voel rustiger en ironies genoeg dan nou ook meer gefokus. Ek sien uit na waarheen dit alles my gaan vat. Ek as kitaarspeler en dan ook sanger, en musiekvervaardiger en die platform van hoe dit alles kan saamwerk en inmekaarpas.”

    Jy kan “Nog Een” hier stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Wit Kasteel reik nuwe enkelsnit uit: “Nog Een”
    • Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit
    • Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit
    • Die Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Die Heuwels Fantasies Loki Rothman Nog Een South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleThe Man Motels Release Video for “The Fever”
    Next Article Emcee The Disciple Returns With “Bottom Of Society”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read15 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.