Wit Kasteel het ‘n nuwe enkelsnit uitgereik, “Nog Een”. Nie Covid-19 of die grendeltydperk kon in die pad van die gewilde Pretoria rockgroep staan om hulle doelwit te bereik nie. Hulle het seker gemaak dat hulle gedurende 2020 ‘n stewige vastrapplek in die musiekbedryf kry met die uitreiking van hulle splinternuwe album asook twee baie populêre enkelsnitte, “Toegewyd” en “Herinning”.
Natuurlik was daar tydens die grendeltydperk, maar min geleenthede vir samesyn en lekker kuier, maar musiek het altyd ‘n manier om almal bymekaar te bring en daarom is “Nog Een”, perfek gepas vir hierdie tyd waarin ons onsself nou bevind.
Reinard Kruger (baskitaarspeler van Wit Kasteel) vertel ons meer
“Met die onsekerheid oor die toeganklikheid na die eenvoudige vermaak, kuier en plesier gedurende inperking, het ons selde geleentheid gevind om saam te kan ontspan en iets te neem vir die gemoed. Maar wanneer die geleentheid sy opwagting gemaak het, het ons die meeste daarvan gemaak. Ons hoop dit word ‘n Afrikaanse tema-lied vir ‘n lekker kuier, hetsy braai of ‘n aand uit saam met jou vriende.”
Die vier manne van Wit Kasteel het self die lied geskryf, in samewerking met Hugo Ludik (ADAM/Muse Studios), asook Nick Jordaan (Rubber Duc). Die liedjie is vervaardig deur Hugo Ludik en Amiel Gopal van Muse Studios.
Wit Kasteel het ‘n vrolike lirieke musiekvideo gemaak vir “Nog Een”, kyk dit hier onder
Die groep bestaan uit Clemond Dartnall (hoofsanger en kitaarspeler), Ernst Nieuwoudt (hoofkitaarspeler), Reinard Kruger (baskitaarspeler en sanger) en Waldemar Behr (dromspeler).
Wit Kasteel met hulle unieke klank is gereed en baie opgewonde om landswye vertonings te hou, noudat die inperking effens gelig is en wat is beter as om dit af te skop met “Nog Een”! Die snit is beskikbaar op hulle album Toegewyd. Jy kan die album HIER aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.