Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music Videos 20 ViewsAugust 29, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Len Muller het onlangs sy nuwe enkelsnit, “Jy’s Okay”, uitgereik. Die gewilde lied word reeds deur talle radiostasies gespeel, afgelaai op talle platforms en nou is die musiekvideo ook pas vrygestel!

    NetfloristOfferforge

    Nadat hy en sy vrou, Chanél Muller, deur ’n moeilike en hartseer tyd gegaan het, het hy “Jy’s Okay” geskryf in ’n poging om haar en homself te troos in daardie hartverskeurende fase.

    Len Muller

    Die video is vervaardig deur Jean de Villiers (Jacques van Joshua na die Reën se broer) en is by Len se huis verfilm in die Kaap. Dit sluit tonele van hom alleen voor die klavier én saam met ’n orkes in.

    “Jean se talent om ’n baie eenvoudige konsep te laat lyk soos ’n film kwaliteit opname, is regtig besonders. Sy oog is baie kunstig ingestel,” vertel die musikant.

    Die konsep van die video is ontwikkel deur Len en Jean, maar Chanél se ervaring in die film- en TV-bedryf, het baie gehelp om die konsep in ’n beperkte tyd en spasie uit te voer.

    “Ons het besluit dat die lied baie persoonlik is en daarom wou ons dit ‘close to home’ hou. Om ’n stukkie van my hart te probeer uitbeeld soos wat die lied reeds doen,” voeg hy by.

    “Jy’s Okay” volg in die voetspore van Len Muller se talle groot radio treffers, waaronder “Vrede”, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense

    Dit is ook die eerste vrystelling vanaf sy komende kortspeelplaat, Arende en Engele, wat later vanjaar uitgereik word en spesifiek geskryf is vir sy vrou en seuntjie.

    Sedert die begin van Len Muller se loopbaan, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en hy is tans besig om aan ’n vollengte album te werk en optredes te reël om sy nuutste musiek met aanhangers te deel.

    Kyk die video vir “Jy’s Okay” hier onder:

    featured event

    Len Muller se “Jy’s Okay” is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Stroom / laai dit HIER af.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”
    • Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit
    • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”
    • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jy's Okay Len Muller South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleUp The Creek Music Festival 2025: Everything You Need To Know
    Next Article Wimpy Turns Coffee Station into Beatbox Booth
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.