Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

    Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 25 ViewsOctober 14, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as ’n man wat passievol is oor sy gesin en veral pa-wees.

    NetfloristOfferforge

    Dit is daarom heel gepas dat sy nuutste kortspeelplaat, “Arende en Engele”, opgedra word aan sy vrou en seun. Hierdie projek is ’n intieme en persoonlike weergawe van Len se lewe, geïnspireer deur sy reis as ’n pa, eggenoot, musikant en mens.

    Len Muller

    “Ek dink luisteraars gaan aanklank vind by die eerlikheid en die emosie van die liedjies op die kortspeler. Dit bied ’n diep insig in die emosionele reis van vaderskap, en ek glo dat dit nie net ouers sal raak nie, maar enigeen wat met dieper lewenskwessies worstel. Die liedjies is intiem en ek hoop dit bied luisteraars troos en bemoediging.” verduidelik hy oor die inspirasie agter sy nuwe vrystelling.

    Die album, wat hy beskryf as ’n “akoestiese ballade album met diep lirieke en intieme stemopnames”, bevat ’n mengsel van akoestiese pop en country musiek, en is vervaardig deur die bekroonde Theo Crous by Bellville Studios.

    “Theo se kundigheid en gevoel vir emosie en liedjie betekenis het die liedjies laat lewe kry op ‘n manier wat die rou emosie van die lirieke mooi deur skyn op elke lied,” verklap hy oor die geleentheid om saam met so ’n gesoute en talentvolle vervaardiger te werk.

    Al die snitte op Len Muller se kortspeelplaat kom uit sy eie pen, behalwe vir sy weergawe van die Prime Circle-treffer, “She always gets what she wants”.

    “Ek is baie opgewonde om te deel dat hierdie vrystelling my eerste Engelse opnames insluit. Ek het gevoel dat die temas van die liedjies so persoonlik is dat dit my toegelaat het om ook in Engels te sing, wat vir my ’n nuwe en verfrissende uitdaging was. Ek hoop dat die kombinasie van tale die kortspeler ’n breër aantrekkingskrag sal gee en dat dit mense sal bereik wat dalk nog nooit na my musiek geluister het nie.”

    Met die vrystelling van die album kom ook die bekendstelling van die sentrale liedjie, Verwagtings, wat as ’n liefdesbrief aan sy seun, Arend, dien.

    Volgens Len Muller is dit een van die persoonlikste liedjies wat hy nog ooit geskryf het en hoop hy dat dit iets sal wees waaraan sy seun altyd kan vashou.

    “Ek wou iets skep wat Arend sal herinner aan hoe lief ek hom het en hoe ek altyd die beste vir hom wil hê,” sê Len. “Die liedjie is gevul met hoop, liefde en die vrese wat elke ouer het vir hulle kind se toekoms. Ek het dit baie intiem en opreg probeer hou, en hoop dat die liedjie mense sal herinner aan die belangrikheid van familie en die klein oomblikke wat dikwels die grootste impak het.”

    Verwagtings volg in die voetspore van Jy’s Okay (waarvan daar ook ‘n remix beskikbaar is), die eerste vrystelling vanaf sy nuwe kortspeler, asook talle ander groot radiotreffers.

    Sedert die begin van Len Muller se loopbaan, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en hy is tans besig om aan ’n vollengte album te werk, optredes te reël om sy nuutste musiek met aanhangers te deel en die bestuur en besprekings van groot kunstenaars, soos Juan Boucher en Danie Reënwolf, te hanteer.

    Met diep, introspektiewe lirieke en meesleurende melodieë, bied “Arende en Engele”, en veral Verwagtings meer as net musiek; dit is ’n emosionele reis wat luisteraars uitnooi om dieper na hulle eie lewens te kyk.

    Len Muller se kortspeler en enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Jy kan dit HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”
    • Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!
    • Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit
    • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Arende en Engele Len Muller South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleAyrton Releases Uplifting Track: “I Will Go Far”
    Next Article EFACT drops new single: “Cigarettes”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Werner Van Der Hoven
    March 4, 2026

    Werner Van Der Hoven reik “Wat Moet Ek Vra” Uit

    3 Mins Read25 Views
    Dewald Gouws
    March 4, 2026

    Dewald Gouws reik “Die reën sal weer kom” uit

    4 Mins Read4 Views
    Smokkelhuiz
    February 27, 2026

    Smokkelhuiz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Mure”

    4 Mins Read26 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Gallo Music 100th Birthday
    March 4, 2026

    Gallo Music hits the Big 100

    4 Mins Read20 Views
    Same Fender & Olivia Dean
    March 4, 2026

    Sam Fender & Olivia Dean Release “Rein Me In”

    3 Mins Read28 Views
    Aidin Caye
    March 2, 2026

    Aidin Caye Promises High-Energy ULTRA South Africa Set

    4 Mins Read20 Views
    Goeters Om Te Doen
    Endler Concert Series 2026

    Endler Concert Series: February & March 2026

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Splashy Fen 2026

    Splashy Fen 2026

    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    The Human League

    The Human League – May 2026 South African Tour

    St. Parow's Day 2026

    St. Parow’s Day @ Padstal, Pretoria – 14 March 2026

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read140 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read62 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read73 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.