Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music News 23 ViewsOctober 30, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Vrydag is die tweede enkelsnit vanaf Kabaal Klankbaan se opkomende vierde album vrygestel. Die enkelsnit is in samewerking met Jaco Van Der Merwe van Bittereinder-faam en genaamd “Stilswye”.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Kabaal Klankbaan

    Kabaal Klankbaan is die breinkind van Floris Groenewald wat ook die groep se voorsanger is. Hul vierde album, Ek’s Steeds Onstabiel word op 17 November vanjaar vrygestel.

    Kabaal Klankbaan - Stilswye

    Floris en Jaco het reeds in 2013 by ’n vertoning ontmoet en Floris het toe reeds geweet – indien die regte liedjie homself voordoen en hy ’n gas-liriekskrywer benodig, sal Jaco sy eerste keuse wees. Floris beskryf die samewerkingsproses met Jaco as seepglad – hy het die liedjie vir Jaco gestuur, wie op sy beurt die lirieke terug gestuur het.

    Floris vertel dat die samewerking ironies genoeg die Kabaal Klankbaan klank baie goed verteenwoordig en as ’n voorskou van die album dien wat ’n interne, gedagte-gebasseerde tema het. “Stilswye” is ’n liedjie oor kontemporêre angs, maar steeds lekker musiek wat jou hopelik laat voel jy’s nie alleen nie.

    “Dis een van die min liedjies waar ek begin het met musiek voor ek by lirieke uitgekom het. Die eerste woorde wat ek geskryf het was ‘kan die “Stilswye” nou net stop’, wat ek dink gepas is vir ‘n liedjie. Jaco het toe baie bygedra en die song ‘n ‘train-of-intrusive-thoughts’-gevoel gegee wat mooi pas by die res van die album ook, wat grootliks gaan oor die dinge en gevoelens in jou gedagtes.” sê Floris.

    Kabaal Klankbaan - Stilswye Cover

    “Stilswye” bevat ’n relatiewe ligte aanslag met ’n lekker ritme en indie-electro klank aangevul deur ’n drom masjien en eenvoudige elektriese kitaar wat die oordinkde gedagtestroom-lirieke in die voorgrond plaas.

    “’Stilswye’ is ‘n uitdrukking van moderne angs en self-doubt – die gevoel van te veel en te min terselfdetyd: Soos as jy heeltyd refresh maar geen nuwe Instagram likes kom deur nie, terwyl die kantoor se WhatsApp groepie jou mal maak. Maar op ‘n eenvoudiger vlak ook as jy te veel oor iets voel en te min oor iets dink, of andersom. Die mengelmoes van gedagtes en gevoelens wat nie altyd saamspeel nie, maar tog probeer ons ‘n refrein daarin soek sodat ons almal kan saamsing.” sê Floris.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit
    • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”
    • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit
    • Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    NetfloristOfferforge

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Jaco Van Der Merwe Kabaal Klankbaan South Africa Stilswye
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRichard Stirton Releases New Single: “Rough Justice”
    Next Article Brogan Ritchie Releases Debut EP
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.