Vandag (28 Julie 2023) stel Jako Meyer ’n splinternuwe enkelsnit bekend, getiteld “Pilanesberg”. Die enkelsnit is die sesde liedjie vanaf sy tweede album wat in September 2023 vrygestel sal word.
As Jako se eerste offisiële vrystelling vir die jaar, is “Pilanesberg” in April 2023 geskryf. Die “Pilanesberg” is Jako se gunsteling plek in Suid-Afrika, en hy wou nog altyd ’n liedjie daaroor skryf.
Jako Meyer vertel ons meer oor hierdie liedjie
“”Pilanesberg” het ek geskryf oor die liefde tussen twee mense, en hul liefde vir “Pilanesberg”. Ek het soveel pragtige herinneringe daar, en hopelik kan ek nog baie daar maak.”
As ’n aanbieding met ’n meer akoestiese aanslag wat die nostalgiese deel van luisteraars se emosies sal prikkel, bevat soos altyd sterk lirieke vanaf Jako Meyer gekombineerd met ’n sterk melodie.
Jako Meyer vertel ons vir wie hy “Pilanesberg” geskryf het
“Ek het die liedjie vir oud, jonk en almal wat verlange na hul gunsteling plek koester geskryf, met die wete dat hul weer eendag daardie plek kan besoek. Vir jonk gee dit ‘n gevoel van tuiswees en hoop vir more, en vir oud – die gevoel van nostalgie, en die vooruitsig op wat nog op pad is.”
Jy kan “Pilanesberg” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.