Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

    Jaakie kry kans om lied saam met Jack Parow op te neem

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 37 ViewsNovember 1, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Hierdie is die verhaal van `n romantiese Afrikaanse popster van die Kaap met die naam Jaakie, en sy droom wat uiteindelik waar geword het.

    NetfloristOfferforge

    Dit is ‘n reis wat oor jare gestrek het, maar alles het vir hierdie kunstenaar in plek geval op 11 April 2024. Op daardie dag het sy vriend, Francois van Straten, hom gevra om ‘n paar foto’s en videos by Sunset Studios te kom neem.

    Jaakie

    Francois was besig om aan musiek te werk saam met die musiekvervaardiger Fred den Hartog. Wat hy nie geweet het nie, was dat hierdie dag sy lewe onherroeplik sou verander.

    Terwyl hy daar was, het Jaakie begin rondspeel met ‘n paar lirieke en verse, en toe Fred voorstel dat hulle iets daarmee doen, het Jaakie dadelik agter die mikrofoon ingeskuif en sommer ge-freestyle.

    Dit was in daardie oomblik dat Jaakie as kunstenaar gebore is

    Hy kon dit voel—die energie, die vreugde, die klik van al die stukkies wat in plek val. Die naam “Jaakie” was nie net ‘n alias nie; dit was ‘n manifestasie van jare se passie en strewe na ‘n droom.

    `n Paar maande later het Fred voorgestel dat hy daaran moet dink om ‘n paar Afrikaanse liedjies te skryf en op te neem. Die vrystelling van sy debuutsnit “Hulle” met sy held Jack Parow as gaskunstenaar, is gebore uit hierdie visie.

    Die lirieke van “Hulle” is geïnspireer deur die bekende slagspreuk van Dricus de Plessis “hulle weet nie wat ons weet nie.”

    Die frase is ‘n viering van Suid-Afrikaners se unieke uitkyk op die lewe. Jaakie sê: “Ons het `n eiesoortige sin vir humor. Ek wou op my manier `n gevoel van samehorigheid in die liedjie vasvang. Dit gaan oor die idee dat, ten spyte van ons verskille, ons almal een is as `n nasie. Ons is Suid-Afrikaners.”

    Jaakie en Jack Parow het elk hul eie lirieke geskryf en opgeneem

    Dit was nommerpas! Vir Jaakie was die hele proses om met Jack Parow saam te werk iets wat hy beskryf as “’n vergrootglas-ervaring.”

    featured event

    Hy verduidelik: “Die proses was net Ongelooflik. Dit het my kuns en inspirasie na ‘n hoër vlak geneem. Ek kan steeds nie glo dat ek ‘n liedjie gemaak het met die grootste Afrikaanse rapper ooit nie.”

    Jack Parow sê dat hy dadelik geweet het dat hy deel wil wees van die skepping van die enkelsnit. “Jaakie het ‘n amazing vibe. ”

    “Sy energie en hoe hy dinge aanpak, is net so cool. Ek hou van mense wat nie op hulle laat wag nie, wat self inspring en dinge aan die rol kry. Jaakie is so `n bra. Ek het baie tyd vir hom en ek dink ons gaan nog lekker saamjol em moeilikheid maak in die toekoms.”

    Die musiekvideo is gemaak deur “Perissos,” ‘n kreatiewe agentskap wat Jaakie saam met David van Heerden, Karlo Viljoen, Daniel Jooste en Josh Brand gestig het.

    Kyk die video hier onder:

    Wees ook op die uitkyk vir Jaakie se tweede enkelsnit “Kolwyntjie”, wat binnekort uitgereik sal word.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Jack Parow kry sy eie fees in Nederland
    • “Hiekomkak” Nou Met Gazelle & Jack Parow
    • Jaakie en Van Straten Reik “Kolwyntjie” Uit
    • Jaakie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Check Vir My”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Hulle Jaakie Jack Parow South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSunset Sweatshop Release New Single: “If I Got You”
    Next Article Mel Malisch Releases New Single: “What Are You Waiting For”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read16 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.