Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

    Ilán van Staden Reik Nuwe Enkelnsit Uit: “SMK”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music Videos 10 ViewsSeptember 2, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Net soos met gewoontes en tradisies, soos om ’n Sondagmiddagknippie (SMK) te vat om jou battery te herlaai vir die week wat kom, hou ware liefde ook ’n blywende en bekende betowering in wat selfs na baie jare jou hart steeds laat vinniger klop.

    NetfloristOfferforge

    In sy nuutste enkelsnit, “SMK”, sing die gewilde sanger en akteur, Ilán van Staden, oor dié tipe liefde wat – net soos ’n verkwikkende middagslapie – gereeld jou siel herlaai en die jonger generasie inspireer om in jou voetspore te volg.

    Ilán van Staden

    Ilán van Staden verduidelik waaroor die liedjie gaan

    “Dit gaan oor ou liefde wat vir altyd hou en sodoende nog soos jong liefde voel. Dit word gekombineer met die konsep van daardie lekker skuins-lê na kerk op Sondae voor die week weer begin en alles lekker besig raak.”

    Ilán van Staden het die snit saam met Johan Vorster en Jacomien de Wet geskryf. Volgens die sanger, was die besluit om ’n akroniem as titel te gebruik doelbewus om mense te laat wonder, en word dié konsep wat ook deur die ouer garde afgekort is of as ‘knippie’ beskryf is, breedvoerig in die koor verduidelik.

    Dirk van Niekerk was aan stuur van sake in die ateljee en het dit reggekry om moderne country-elemente te verweef met moderne tendense om ’n baie besonderse eindproduk te skep wat lank in jou kop bly vassteek nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

    Net soos met sy vorige enkelsnit, “Ontlaai” – wat ook die temalied is van die kykNET-program Safari Roetes – spog die lied ook met ’n musiekvideo wat die lirieke en boodskap perfek komplementeer.

    Die video is op Langkloof-plaas in Vaalwater verfilm, met Inhoud Huis Musiek as vervaardiger, Johan Vorster as regisseur en Abel Knobel as DOP, en speel af in ’n ou plaashuis wat ’n tipe warmte en nostalgie aan die video verleen.

    Ilán van Staden verduidelik die musiekvideo vir “SMK”

    “Dit vertel die storie van Boetie wat vir die eerste keer sy meisie huis toe bring, sy ouers se opgewondenheid daaroor en die wisselwerking tussen ou en jong liefde. Boetie besef ook dat sy pa cheetahs gevlieg het wat bydra tot ‘Kaplyn’-geïnspireerde plekke en tonele en die insluiting van ’n TSI Sling-vliegtuig wat toertjies doen in een van die tonele.”

    Oud en jonk sal aanklank vind by die idee van ‘magies vol, ogies toe’ en skuins-lê-na-kerk en by die boodskap dat ware liefde vir altyd hou.

    featured event

    “SMK” is die musikant se vierde enkelsnit en vorm deel van sy debuut-album, My Mense, wat einde September uitgereik word. Ilán het in 2022 vir homself naam gemaak as deel van die suksesvolle teaterproduksie, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel, waarna hy in 2023 een van die hoofrolle in nog ’n musiekblyspel, Die Kaplyn, vertolk het en ’n platekontrak losgeslaan het by Inhoud Huis Musiek.

    Buiten vir sy eie musiek, het Ilán van Staden ook ’n duet uitgereik genaamd “Soen My Op My Mond” saam met Bernice West, wat spesifiek vir Die Gelofte geskryf en steeds ’n treffer is op radiostasies landswyd.

    Vandat hy kan onthou, wou dié 27-jarige Pretorianer nog altyd musiek maak. Hy het as tiener begin musiek skryf en saam met sy skoolorkes optree. Verder was hy ook dromspeler en mede-komponis van verskeie Sêr-groepe op universiteit – hy het sy meestersgraad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan Noordwes-Universiteit behaal in 2019 – terwyl hy op elke geleentheid wat hy kon kry saam met musiekgroepe opgetree het in Potchefstroom.

    Sedertdien werk Ilán van Staden hard daaraan om sy musiekvaardighede op te skerp en die beste te maak van elke geleentheid wat hy kry en daarom het hy ook aan die derde seisoen van The Voice SA deelgeneem.

    Wanneer Ilán van Staden nie op die verhoog is nie, bestuur hy sy eie musiekskool Ilán’s Music Academy (IMA) in Muldersdrif, wat vanjaar reeds vyf jaar bestaan en sang-, drom-, en kitaarlesse aanbied vir enigiemand bo die ouderdom van vyf.

    Verder sien hy uit om die land plat te toer om sy opkomende album te bemark en sy stempel behoorlik op die plaaslike musiekbedryf af te druk.

    “Die Here is goed vir my en dit kan net opgesom word as onverdiende guns. My beker loop oor. Ek is dankbaar vir vandag en opgewonde vir môre,” sê Ilán van Staden.

    “SMK” is ’n lekkerluisterliedjie wat jou uitnooi om saam te sing en jou herinner dat ware liefde jou net so kan laat tuis voel soos die tradisies wat jou mense al vir dekades lank volg. Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ilán van Staden Reik “Ontlaai” Musiekvideo Uit
    • Ilán van Staden reik langverwagte debuut-album uit
    • Van Coke reik “Begin Van Die Einde” Enkelsnit & Video Uit
    • Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Ilán van Staden SMK South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleAmanda Luca Unveils Debut Single: “Ironic”
    Next Article Jamie Fine Releases New Single: “There You Go”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Majozi

    Majozi

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.