Die splinternuwe Afrikaanse sensasie Worsie van Wyk het luisteraars heeltemal onkant gevang met sy onverwagse klank. Hierdie Laevelder kon maklik misgis word as ‘n tipiese my-boere-hart-verlang-na-die-bosveld-kunstenaar, maar Worsie het die idee van ‘n stereotipiese Afrikaanse sanger oorrompel. Hierdie is níé die alledaagse brandewyn-techno-boere-stamp-musiek nie.
Meer inligting oor Worsie Van Wyk
Worsie van Wyk, ten spyte van hoe die naam klink, is ‘n Afrikaanse metal-sanger, met ‘n in-jou-gesig-tref-klank wat vir Dave Mustaine van Megadeth sou laat les opsê. En tog, tussen die skreeuende stem en verwronge kitaar, is lirieke wat heilsaam genoeg is om selfs op RSG gespeel te word.
‘Kraal van Sweet’ is die eerste enkelsnit van sy komende kortspeelalbum, Oros en Horrogs. “Dit is ‘n liedjie oor ‘n mosh pit, wat gewoonlik plaasvind wanneer ek op die verhoog is. Dit is ook ‘n testament van my algehele klank en vibe”, sê Worsie.
Hy beskryf die snit as “energiek, hard en in jou gesig”, en dit is inderdaad plofstof, van begin tot einde. Worsie het die snit self geskryf, verwerk, gespeel en opgeneem. Daarna was dit gestuur vir ateljee finalisering in Johannesburg.
Luister die liedjie (en leer die lirieke) hier onder:
Jy kan “Kraal Van Sweet” op Spotify en all ander musiek stroom dienste stroom.
Ek moet erken dan Worsie Van Wyk ‘n ware game-changer is vir Afrikaanse musiek. Ek sien moerse uit daarna om hierdie kunstenaar lewending op ‘n verhoog te sien. Ek is seker daar sal ‘n behoorlike “kraal van sweet” uitbreek voor die verhoog as hy speel. In my boeke maak dit hierdie tune van hom ietwat profeties. Eks ook moerse nuuskierig om uit te vind hoe die res van sy EP gaan klink.
Hou jou ogies op vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.