Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Herman Kleinhans Reik “Geniet Die Rus” Uit

    Herman Kleinhans Reik “Geniet Die Rus” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 34 ViewsMarch 3, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die woordeboek beskryf ’n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel.

    NetfloristOfferforge

    Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61, was g’n gewone mens nie. Met sy talente en ywer het hy ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reuse hart gehad met kamers waarin talle mense ’n tuiste kon vind.

    Dit is juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot ’n suksesvolle besigheidsman – só kon hy meer as genoeg hê om te gee. “’n Hand wat toe is, kan nie ontvang nie,” en oom Melcus se hand was vir seker nie toe nie.

    Deur sy steun aan minderbevoorregtes het hy talle lewens aangeraak. Hy het geleef om deur harde arbeid sy gemeenskap op te lig en het talle opleidingsentrums opgerig waar mense hulself kon verryk. Hy het sy naaste liewer gehad as homself.

    Die vrugte van sy arbeid was nooit sy eie nie, want dit is uitgedeel aan talle behoeftiges wat dit nodiger gehad het as hyself. Daarom is dit geen wonder dat Herman Kleinhans hom ’n goeie rus toewens in sy nuwe enkelsnit, “Geniet Die Rus” nie.

    Herman Kleinhans

    Meer inligting oor Herman Kleinhans se “Geniet Die Rus”

    “Geniet Die Rus” is ’n afskeidsbrief aan sy geliefde oom Melcus. Dood as ’n tema behoort somber te wees, maar die lirieke kry nuwe betekenis met ’n opgewekte melodie en vrolike vioolspel. Die beeld wat dit by jou laat is dié van ’n aftreeoord waar al die helde van ons tyd saam kan wees en hulle rus kan geniet.

    Die lirieke maak dit duidelik dat oom Melcus saam met al die groot name van ons tyd hoort: Madiba, Freddie Mercury, Meat Loaf, Marilyn Monroe, Arnold Palmer en Joost van der Westhuizen.

    “Geniet Die Rus” se boere-discoklank is te danke aan die vervaardiger Jurgen von Wechmar van Sunset Studios in Stellenbosch. Dit is ’n ligte luisterliedjie met geelvet om die lirieke en sal die ore van verskeie ouderdomsgroepe interesseer.

    Buiten vir die ligte trant van die lied sal “Geniet Die Rus” jou tot introspeksie roep om te bepeins oor jou nalatenskap en hoe jy die tyd saam met die helde in jou lewe moet koester. Helde leef voort deur oorvertelling. Dit is die grootste hulde wat aan helde gebring kan word en danksy “Geniet Die Rus” sal oom Melcus Nel nog lank voortleef.

    NetfloristOfferforge

    As jy vir Herman Kleinhans vra watter herinneringe eerste by hom opkom wanneer hy terugdink aan die lewe van oom Melcus Nel, is sy woorde eenvoudig: “Goeie tye.”

    Of oom Melcus die kans kry om vandag saam met Madiba kaart te speel, of ’n sigaar te rook met sy naam op bly maar alles oorglaat aan die verbeelding. En soos Herman Kleinhans die lied afsluit, wil ons vir oom Melcus sê, “Maar ongeag, geniet die rus.”

    Kyk die musiekvideo vir Herman Kleinhans se “Geniet Die Rus” hier onder:

    “Geniet Die Rus” is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms. Luister dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry
    • Rus in Vrede Piet Botha
    • Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit
    • Die Heuwels Fantasties reik nuwe enkelsnit “Jy Stel my Teleur” uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Geniet Die Rus Herman Kleinhans South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNeil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit
    Next Article Punkfontein & Meel Vignetting Release “The Leviathan”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read10 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read1 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read15 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read9 Views
    Goeters Om Te Doen
    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Wonderboom

    WONDERboom: Celebrating 30 years with a WONDERFEST

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    School Of Rock Sandton

    School of Rock Sandton “Next Gen Rockfest”: 18 April 2026

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Rubber Duc

    Rubber Duc

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read62 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read58 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read25 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.