Hartseer nuus musiek liefhebbers… Suid-Afrikaanse Rock Legende Piet Botha is Sondagaand na ‘n kort stryd met kanker oorlede. Hy was 63 jaar oud.
Ek kan nie presies onthou watter jaar dit was nie, maar ek vir Piet Botha die eerste keer sien optree in Margate (tydens die straatkarnavaal) toe ek nog ‘n laaitie was. In die middel negentigs het gereeld sy groep Jack Hammer se optredes gekyk by Shaft in Pretoria.
In 1998 was ek by my eerste Oppikoppi fees gewees en Piet Botha was daar om sy eerste Afrikaanse album bekend te stel aan musiekliefhebbers. Die album het ‘n groot impak op my gehad en is een van die redes hoekom ek vandag so lief vir Suid-Afrikaanse musiek is soos ek is. Sy liedjie “Goeienag Generaal” is nog steeds een van my gunsteling liedjies en ek luister dit gereeld.
Oor die jare het ek nog altyd probeer om ‘n punt te maak om sy shows te kyk by die feeste waar hy opgetree het. Sy optrede by 2012 se Up The Creek fees in die Kaap was nogals besonders gewees. Ander optredes wat vir my uitstaan is sy optredes by die Otterlake musiekfeeste (in 2013, 2014 en 2015) en by die STRAB en FORR musiekfeeste in Mosambiek.
Die een optrede wat die meeste vir my uitstaan is sy show by Tings an’ Times in Pretoria in Mei 2016. Ek het die liefde van my lewe ontmoet daai dag en ek sal dit nooit vergeet nie.
Hier is ‘n paar feite oor Piet Botha
1. Piet Botha is gebore op die 18de Julie 1955. Hy is op dieselfde dag as Nelson Mandela gebore.
2. Sy pa was die voormalige minister van buitelandse sake, Pik Botha.
3. Hy was reeds op skool deel van rockgroepe en het toe al liedjies begin skryf.
4. Sy eerste professionele optrede was in 1974 in ‘n “drinkgat” in Pretoria.
5. Tussen 1981 en 1983 was Piet Botha betrokke by die rock groep Wildebeest. Wildebeest was een van die eerste groepe wat rock musiek in Afrikaans opgeneem het. Hulle liedjie “Bossies” het gehandel oor die Suid-Wes Afrika / Angola oorlog (iets wat ‘n no-go area was in die Apartheidsjare).
6. Piet Botha het die rock groep Jack Hammer gevorm in 1984.
7. Jack Hammer het 12 studio albums uitgereik sedert 1987 en vir Deep Purple, Uriah Heep en ZZ Top ondersteun op hulle Suid-Afrikaanse toere.
8. Piet Botha het 5 Afrikaanse solo albums uitgereik oor die jare. Sy eerste Afrikaanse album, ‘n Suitcase Vol Winter is in 1997 vrygestel.
9. Hy is in 2002 in die SA Rock Hall of Fame ingelyf.
10. Botha het in 2011 in die KykNet TV reeks “Wie Lê Waar” verskyn. Dit het gelei tot sy album Spookpsalms.
11. Vroeg in 2017 het hy van die verhoog af geval in Margate tydens die Suidkus-motorfietsfees. Het het 2 rugwerwels gebreek en moes ‘n operasie ondergaan.
12. Piet Botha het vroëer in 2019 die Ghoema toekenning vir Beste Rock Album vir Middernagtrein (sy laaste solo album).
13. Hy is vroeg in 2019 gediagnoseer met pankreaskanker.
14. Botha was te siek om by STRAB op tree in Mosambiek die jaar. Hy was wel vasbeslote om by die Bands for Bricks konsert op te tree by Pretoria se Sun Arena in Julie maand.
15. Hy laat sy 3 dogters (Jessica, Robynne en Piya) en sy sibbes (Lien Botha, Anna Hertzog en Roelof Botha) agter.
Piet Botha het ‘n massiewe invloed op die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek en hy sal gemis word.
Rus in Vrede Oom Piet. Goeienag Generaal. Sien Jou Weer.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Need to save up some moolah? Start investing today with Easy Equities, the simple and affordable platform for everyone. Access local and international stocks, ETFs, and more with no minimum investment required. Sign up now and take control of your financial future!