Ruiter Piet is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit, “Swaai”. Die liedjie handel oor om nooit te vergeet hoekom mens begin doen het nie en as mens afgedwaal het, gou te stop, te onthou en weer harder in te gaan en te werk.
Ruiter Piet vertel ons meer van “Swaai”
“Swaai is ‘n lied baie naby aan my hart en ‘n persoonlike mylpaal! Ek het die lied al in 2014 geskryf en dit was die eerste lied wat ek ooit geskryf het met die intensie en doel vir ‘n solo-enkelsnit! 100% net Piet. Dis ook die eerste lied wat ek en een van my beste vriende en gunsteling kitaarspeler Jaco Mans saam aangepak en vervaardig het.”
“Dis waar dit als begin het. Dit was ‘n snaakse tyd vir my in 2014 toe die ander lede in my orkes (Die Tuindwergies) groener wyvelde wou soek. Baie mense dink ek was ook onder die indruk dat sonder die Tuindwergies daar nie begeleiding vir my woorde was nie. Ek het amper vir dit geval en dit begin glo, maar toe gebeur ‘Swaai'”
Jy kan “Swaai” HIER luister of aflaai.
Meer inligting oor Ruiter Piet
Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager. Indien julle nie geweet het nie, hy is die voormalige baskitaar speler en liedjie skrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep Revolusie en hoof sanger en liedjie skrywer van die 2010 MK bekroonde beste nuweling en SAMA genomineerde Folk Country orkes Die Tuindwergies. Na Die Tuindwergies se laaste vertoning by Jacaranda Day in 2014 het Pieter gaan rond rits reg om die wêreld en begin materiaal skryf vir sy nuwe solo projek (Ruiter Piet).
In Maart 2020 het Ruiter Piet sy eerste enkelsnit, “Minnie Se Liedjie” uitgereik. Die liedjie het lekker airplay gekry op Suid-Afrika se radiostasies. Die liedjie het die naweek die nommer 1 posisie behaal op die Jacaranda FM Top 20.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.