Ruiter Piet is die solo projek van Pieter de Jager. Indien julle nie geweet het nie, hy is die voormalige baskitaar speler en liedjie skrywer van Karlien van Jaarsveld se Afrikaanse Grunge Rock groep Revolusie en hoof sanger en liedjie skrywer van die 2010 MK bekroonde beste nuweling en SAMA genomineerde Folk Country orkes Die Tuindwergies.
Na Die Tuindwergies se laaste vertoning by Jacaranda Day in 2014 het Pieter gaan rond rits reg om die wêreld en begin materiaal skryf vir sy nuwe solo projek (Ruiter Piet).
Foto hier bo: Ruiter Piet sy nuwe orkes agter hom (Die Partytjie) wat bestaan uit: Jaco Mans (hoof kitaar) Andre van Coller (saksofoon) Jason Hinch (tromme) en Duard Musk (baskitaar).
Ruiter Piet en Die Partytjie is voel goed Folk Rock met onderligende Country en Britpop elemente
Hulle lirieke wat handel oor gewone mense se dinge, gevoelens en gebeurtenisse. Dis n klank vir almal! Tenselfde tyd laat dit jou lag, dans, dagdroom, dink en nostalgies voel…..Volgens Ruiter Piet klink dit soos n aand saam die man homself!
Hulle debuut enkel snit “”Minnie se Liedjie” is hier! Luister hom hier onder en deel hom gerus!
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.