Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Glaskas reik nuwe enkelsnit uit: “As Ek Weet Hoe”

    Glaskas reik nuwe enkelsnit uit: “As Ek Weet Hoe”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 24 ViewsApril 7, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Aanhangers van die groep Glaskas was die afgelope paar maande ekstaties om weer gereeld optredes van die groep by te woon.

    NetfloristOfferforge

    En nou het die groep ook hul getroue volgelinge verras met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit, “As Ek Weet Hoe”. Dit is slegs die groep se tweede enkelsnit in die laaste 13 jaar, en volg op die vrystelling van “Die Lig” in 2023.

    Glaskas

    Wat is nuus uit Glaskas land?

    Glaskas – wat vandag bestaan uit Deon Meiring (stem, kitaar en bekfluitjie), Lolke-Louis Claassen (stem en dromme), Johan Viljoen (stem en baskitaar) en Francois Kleynhans (stem en kitaar) – werk al vir ’n hele paar jaar aan nuwe musiek wanneer daar tussen almal se besige skedules ’n opening opduik.

    Toe daar in Januarie vanjaar ’n opening is by Johan se studio, het voorman Deon Meiring die kans aangegryp om ’n paar nuwe liedjies vir die groep klaar te maak.

    “Ek het ‘As Ek Weet Hoe’ in Januarie vanjaar geskryf. Daar’s iets van die dryf van ’n nuwe jaar wat my altyd senuweeagtig maak – is ek opgewasse vir al my drome? Weet ek selfs hoe om te doen wat ek graag wil doen? Ek het ‘One Piece’ onlangs ontdek danksy die live action weergawe op Netflix.” sê Deon Meiring.

    “Die hoofkarakter se geesdrif is vir my aangrypend en hoe hy volgens ons gewone prentjie van ’n seerower eintlik aweregs is. Ek hou al vir lank van seerowers en wat ons by hulle kan leer om die gewone stand van sake te bevraagteken. So dit het my geïnspireer om iets van hierdie temas te gebruik om myself bietjie te motiveer en te stoei met my seemonsters.” vertel Meiring.

    Met ’n sterk melodie, groot energie en lirieke met verskillende lae van betekenis, sal ou en nuwe aanhangers baie gou die pop-punk aanbieding herken as Glaskas.

    “As Ek Weet Hoe” bevat ook ’n selfondersoekende tema – iets waarvoor Glaskas se lirieke veral bekend is. Met die drie oorspronklike lede van die groep sowel as Johan as vierde lid en vervaardiger, weerspieël hul nuwe musiek nie net hul jare se ervaring nie, maar ook ’n goeie aanvoeling vir mekaar se kreatiwiteit.

    Buitendien om die groep meer op die verhoog te sien waar hulle na al die jare nogsteeds die meeste tuis voel, kan aanhangers ook uitsien na vele meer verrassings van Glaskas in 2025.

    Express VPN

    “Daar is reeds nog ’n paar enkelsnitte wat in die ry staan om uit te kom en ook ’n video of twee wat beplan word. Ons het nog ’n groot droom of drie, maar sal eers meer daaroor kan sê as ons die planne mooi in plek het daarvoor.” sê Deon.

    Jy kan “As Ek Weet Hoe” HIER stroom/aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Glaskas Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Leestekens”
    • Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”
    • Arno Carstens Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Hoe Gaan Dit”
    • Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans As Ek Weet Hoe Glaskas South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDan Duminy releases new single: “Lost Without You”
    Next Article Charlie Harris Releases Video for “There’s A Place”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Tino
    September 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    2 Mins Read21 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Ziggy Alberts
    October 27, 2025

    Ziggy Alberts Releases New Single: “Cyclones”

    3 Mins Read14 Views
    Birthday Cake
    October 25, 2025

    Erin Elliot & Sophia Frank Serve Up Some “Birthday Cake”

    3 Mins Read17 Views
    Filthy Hippies
    October 24, 2025

    Filthy Hippies Release New EP: “Waves”

    2 Mins Read8 Views
    Goeters Om Te Doen
    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Collen Maluleke

    Collen Maluleke – A Decade Of “Open Heavens”: 28 Nov 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read13 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
    • Sheron on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Sharon Sibert on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.