Aanhangers van die Afrikaanse rockgroep Glaskas word vandag vir die eerste keer in meer as 10 jaar bederf met ’n splinternuwe enkelsnit, genaamd “Die Lig”. Dit is die groep se eerste enkelsnit sedert die vrystelling van hul vierde album, Verganklik en Afhanklik (wat in 2012 uitgereik is).
Voorsanger van die groep, Deon Meiring werk al ’n hele ruk aan nuwe musiek vir Glaskas, maar bieg dat hy eers weer sy selfvertroue moes opbou voor hy na so ’n lang tyd weer iets as Glaskas kon opneem.
Die groep het sedert einde 2019 weer meer begin optree en wou toe graag nuwe musiek maak, maar met 2020 en alles wat daarmee saam gekom het, het dit hul planne vir eers ontspoor. Die groep is tans weer op dreef wat opvoerings betref, en was gereed om nuwe musiek aan te pak.
Deon het reeds in 2022 aan “Die Lig” begin skryf, en dit toe aan die begin van 2023 voltooi. Hy het na baie 80s musiek geluister toe hy begin skryf het, en wou graag iets skryf waar die hele groep kon saamsing.
Deon Meiring van Glaskas verduidelik die inspirasie agter “Die Lig”
“Die inspirasie vir die lirieke is my en my vrou se verhouding wat al oor ’n lang tyd strek. Ons ken mekaar al van skool af. Min of meer van die tyd toe Glaskas ontstaan het. So die lirieke vertel iets daarvan.”
Hy beskryf die storielyn van die liedjie as die proses waardeur iemand wat jou liefhet jou help om die lewe en die wêreld beter te beleef en te sien, al is dit nie altyd so eenvoudig nie. Die groep beskryf die lekkerste gedeelte van ’n nuwe enkelsnit hê, as die feit dat almal kon bydra tot die finale produk.
Die afgelope paar jaar het almal van hulle beter toegerus geword om self opnames te kan maak, so elke lid kon hul eie instrumente en idees vir die vervaardiging van “Die Lig” bydra in hulle eie tuisateljees voordat hulle dit finaal opgeneem het.
Johan Viljoen, welbekende musiekvervaardiger, is deesdae die vierde Glaskas-lid en het die finale weergawe van die enkelsnit in sy ateljee bymekaar gesit.
Vir “Die Lig”, het Glaskas nie geskroom om die pop punk klank waarvoor hulle lief is, te verwelkom nie. Hulle het reeds “Die Lig” ’n paar keer by optredes opgevoer, en aanhangers noem dat “Die Lig” definitief vir hulle klink soos Glaskas se musiek – iets wat vir die groep belangrik was.
Deon beskryf Glaskas se doel met die hierdie liedjie
“Ons wou graag klink soos ons, maar ons het meer klem gelê daarop om met ons vier stemme te harmoniseer wat ek dink nogal iets nuuts bydra. Ek dink die lirieke kan ook interessant wees.”
“Daar’s so paar kriptiese verwysings waaroor mense kan wonder en oplees. Op die oog af is dit ’n liefdesliedjie, maar vir my gaan dit ook oor persoonlike en spirituele groei. So ek glo dit sal op daardie vlakke ook tot mense spreek.”
Jy kan “Die Lig” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.