Francois Van Coke is besig om sy En Vriende II kortspeler stuk-vir-stuk vry te stel in aanloop tot die uiters gewilde Francois van Coke & Vriende 2023 konserte by SunBet Arena in Pretoria op 18 Augustus en by Grand Arena in Kaapstad op 16 September.
“As ek weg is” is die tweede enkelsnit vanaf hierdie kortspeler en wanneer Van Coke en sy The Voice SA protégé, Tasché, saam sing is dit altyd iets baie spesiaal.
Francois Van Coke verduidelik “As Ek Weg Is”
“’As ek weg is’ ‘n liefdeslied vir my geliefdes, gesing uit die hiernamaals.”
Van Coke en Tasché sal hierdie aangrypende ballade opvoer by die Francois van Coke & Vriende konserte… en jy sal dit sekerlik nog by heelwat troues hoor.
Kyk die video vir die liedjie hier onder:
Die En Vriende II kortspeler bestaan uit samewerkings ook met Loufi, Zaan Sonnekus, Neon Dreams en Hanu de Jong van The Narrow. “Almal Baklei” met Zaan Sonnekus was die eerste enkelsnit vanaf hierdie kortspeler.
Die nuwe musiek saam met Loufi, Zaan Sonnekus en Neon Dreams gaan ook op Francois van Coke & Vriende se verhoë te sien wees.
2023 se Vriende Is:
- Spoegwolf (Net Pretoria)
- Neon Dreams
- Fokofpolisiekar
- Elandré (Net Kaapstad)
- Zaan Sonnekus
- Early B (Net Pretoria)
- Loufi
- Tasché
- Jack Parow
- Van Pletzen (Net Kaapstad)
- Hunter Kennedy
- Van Coke Kartel
- Die Heuwels Fantasties
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.