Francois Van Coke het ‘n nuwe enkelsnit, “Ons Het Gewen” uitgereik. 2021 sal onthou word as die jaar wat Francois van Coke in die bokskryt geklim het om die afgetrede Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, aan te vat vir die BOXOP titel. Francois het na ses aksiebelaaide naelbyt-rondtes geseëvier. Hierdie geveg het geskied by Sun Arena op 29 Mei en was by Nu Metro teaters asook op die web uitgesaai.
Nadat Francois Van Coke begin oefen het vir BOXOP, het hy geïnspireer gevoel om ‘n oorwinnings-lied te skryf. Hy was geïnspireer deur die opbouende klanke van Queen se ‘We are the champions’.
Na die afloop van ‘n tawwe skerm-sessie, het Francois vir Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar & Die Heuwels Fantasties) en Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties) gaan ontmoet vir ‘n skryf-sessie.
Francois vertel ons meer oor die liedjie skryf proses vir “Ons Het Gewen”
“Ek wou die woorde – ‘Ons wen’ en ‘Ons is lewendig’ gebruik, want terwyl boks my baie gemotiveer het, het ons as homo sapiens wat saam deur hierdie Covid era kom, my ook geïnspireer.
“So, dit is ‘n song oor ‘n uitdaging in die gesig staar, vasbyt en aan die ander kant uitkom.”
“Ons Het Gewen” was vyf weke voor Francois se BOXOP oorwinning klaar. Hy verduidelik
“Omdat die song se naam ‘Ons het gewen’ is, was ek nog meer vasberade om te wen en die song het my forseer om nog harder te werk en beter te prepare vir die fight. Musiek en boks wat saamsmelt. Mal tye inderdaad. Maar Rock ‘n’ roll sal altyd seëvier!”
“Indien ek verloor het, sou ek die song iets anders genoem het en sou ek die release skuif tot later.”
Registeur en kinematograaf, Johannes Nel, het die musiekvideo vir “Ons Het Gewen” in ‘n dokumentêre styl verfilm en dek Francois se voorbereiding vir die BOXOP geveg, sowel as BOXOP geveg self.
Jy kan “Ons Het Gewen” stroom op Spotify, Apple Music en ander musiek-stroom platforms.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.