Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Andries Bezuidenhout reik nuwe album uit: “Spoorlangs”

    Andries Bezuidenhout reik nuwe album uit: “Spoorlangs”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 9 ViewsJune 9, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Spoorlangs is Andries Bezuidenhout se vierde solo album. Hierdie nuwe album se titel kom van die eerste snit af, waarvan die naam ook “Spoorlangs” is – dit werk met die idee van ʼn trein wat op vaste spore ry, maar voete en wiele wat kan verdwaal. Dis ʼn tipe ondersoek na rigting en rigtingloosheid, dat om te verdwaal ook ʼn manier is om jou rigting te vind.

    NetfloristOfferforge

    Andries en sy vrou Irma du Plessis het in 2018 na Alice in die Oos-Kaap getrek. Hierdie is Andries se eerste album waarvan die meeste van die musiek hier geskryf is.

    Spoorlangs cover

    Andries vertel meer hieroor

    “My musiek gaan nog altyd oor plekke en landskappe, mense wat daar woon of daardeur reis, op pad êrens of nêrens heen. My pa se kant van die familie kom van hierdie deel van die land, hulle het in Adelaide en King William’s Town gewoon.”

    “Ek moes egter die landskap van voor af leer ken, so die idee van terugkeer na my roots is bloot simbolies. Die geskiedenis hier is diep en dramaties. Oorloë het hier afgespeel, dis waar van die eerste sendingstasies in die omgewing opgerig is. Baie van die geboue van weleer het verval, sommige word weer gerestoureer. Vir my is musiek, digkuns en skilder ʼn deel van sin maak van waar ek myself bevind, wat waarskynlik die rede is waarom dit so ʼn sterk tema is.”

    Andries Bezuidenhout - Spoorlangs

    Meer inligting oor Spoorlangs

    Spoorlangs het ook twee liedjies met isiXhosa lirieke. “Umasizakhe” se refrein is ʼn tradisionele lied uit die struggle tydperk wat oor grond (“umhlaba”) handel. Die ander een handel oor Alice self en die rol van sendelinge in die dorp se ontstaan. Andries haal Tiyo Soga se klassieke lied “Lizalis indanga lakho” aan – die lied is so wyd bekend dat dit selfs in kerke met oorwegend Sothosprekende gemeentelede as Xhosatalige weergawe gesing word.

    “Linte vir twee trourokke” is ʼn onkonvensionele opname. Aan die begin klink dit asof dit deur ʼn grammofoon speel. Andries verduidelik: “Dis deels gesprekke met Willem Möller wat my raadgewer met die opnames was, wat vir my belangstelling in die geskiedenis van klankopnames verantwoordelik is. Ek het ook baie van ʼn herinterpretasie van die ou Jiddisje lied “Bei mir bistu shein” gehou (deur Vibers), wat ʼn reaksie om die oorspronklike opname deur die Andrews susters is.

    Op “Klavierles by Mev. Kaplan” is daar ʼn musikale tema uit Claude Debussy se bekende “Clair de lune”, of dan die derde beweging van sy Suite bergamasque.

    Andries Vertel Ons Meer Hieroor

    “Dis die mees ambisieuse musikale projek wat ek nóg aangepak het. Die lied handel oor twee kinders wat ʼn duet van Claude Debussy oefen en moet opvoer. Die verwysing na Debussy kom nou wel nie uit ʼn duet nie, maar uit sy Suite bergamasque. Ek wou dit in ʼn tipe jazz verwerking verander en moes self die baskitaar speel, ʼn instrument wat ek nog glad nie bemeester het nie.”

    Andries se vriendin Joey Kok, wat ook op Onplaats verskyn, is weer vir agtergrondsang verantwoordelik. Haar stem is in ʼn groot rondawel opgeneem, in die Bosveld naby Bela-Bela.

    Andries vertel ons meer van dit

    “Grasdakke is wonderlik vir akoestiek en rondawels het nie hoeke waar weerbarstige basfrekwensies kan gaan sit en saamsweer nie.”

    Sang, instrumente, programmering, opname en meng deur Andries Bezuidenhout; agtergrondsang op “Spoorlangs”, “Klavierles by Mev Kaplan” en “Waarheen vandaan” deur Joey Kok. Klankmeester deur Willem Möller. Alle lirieke en melodieë deur Andries Bezuidenhout, behalwe ʼn tema van Claude Debussy op “Klavierles by Mev Kaplan”, isiXhosa woorde in “Umasizakhe” tradisioneel en in “Lied vir Dikeni” deur Tiyo Soga. In Alice, Oos-Londen, Nieu-Bethesda en op ʼn plaas buite Bela-Bela opgeneem. Klankmeester by Sharp Street Studios in Glencairn.

    Spoorlangs is op 1 Junie 2021 deur DistroKID vrygestel op Spotify, Apple Music, YouTube, ens. Stroom dit HIER.

    Kyk die musiekvideo vir “Familieruinie” hier onder:

    Goeie nuus vir Andries Bezuidenhout en Brixton Moord en Roof Orkes se aanhangers is dat van hul gewilde uitreikings nou ook aanlyn beskikbaar is. Hierdie titels sluit in:  Brixton Moord & Roof Orkes se “Slaaptyd in die suburbs”, “Terug in skubbe” en “Spergebied”, met bonus snitte (lewendige opnames uit 1999)  en Bezuidenhout se “Insonniak se droomalamanak”.

    Besoek ons vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”
    • Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”
    • Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar Lê Jou Hart?”
    • Van Pletzen reik nuwe album uit: “Om lig te maak”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Andries Bezuidenhout South Africa Spoorlangs
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleOooth release video for “Fight The Feeling”
    Next Article Francois Van Coke reik nuwe enkelsnit uit: “Ons Het Gewen”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Neville D
    April 10, 2026

    Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

    2 Mins Read11 Views
    Nicholis Louw
    April 1, 2026

    Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

    4 Mins Read15 Views
    Brandon Miles
    March 31, 2026

    Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    GAZ
    April 17, 2026

    GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

    4 Mins Read21 Views
    Kitty Amor
    April 15, 2026

    Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

    4 Mins Read16 Views
    Teddy Swims
    April 14, 2026

    Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured

    The Hangout F3st 3: 25 April 2026

    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    Sunset Music Series 2026

    Sunset Music Series 2026: All The Details

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Galpalooza 2026

    Galpalooza 2026: Coming to 9 Venues Across SA

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Sheron

    Sheron

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read75 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read48 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read148 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.