Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Deon Meiring Stel “Grensbewoner” Musiekvideo Vry

    Deon Meiring Stel “Grensbewoner” Musiekvideo Vry

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 46 ViewsJanuary 29, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Deon Meiring skop die jaar af deur die musiekvideo vir sy nuutste enkelsnit, “Grensbewoner” vry te stel. “Grensbewoner” is ook die titelsnit van Deon se nuutste EP wat in Oktober 2020 vrygestel is en waarvan die musiek ook te hoor is in die kykNET reeks, ‘Kompleks’.

    NetfloristOfferforge

    Deon Meiring vertel ons meer oor die enkelsnit

    “’Grensbewoner’ as enkelsnit gaan oor die gevoel dat die hemel en dit wat net doodgewoon is nie so ver van mekaar verwyder is nie, maar dat ek dikwels vasgevang voel op die grens tussen daardie twee uiterstes.”

    Deon Meiring

    Die musiekvideo vir “Grensbewoner” bevat beeldmateriaal uit die hele reeks, spesifiek bymekaargesit om die reeks se twee heelalle wat mekaar weerspieël en soms weerspreek te wys. Die res van die video is deur Etienne Swanepoel verfilm, en eggo die heel eerste, rou weergawe van “Grensbewoner”  wat deur ‘n YouTube video aan die wêreld bekendgestel is. Deon het dit destyds voor ’n boekrak opgeneem en hierdie keer weer. Dit is ook ‘n knik in ‘Kompleks’ se rigting waar van die karakters na die musiek op YouTube luister.

    Deon Meiring vertel ons meer oor die “Grensbewoner” video

    “Die video wys ook iets van die karakters se lief en leed, maar dis natuurlik te kort om alles weg te gee. So ek hoop dat dit mense sal prikkel om sommer weer die reeks te kyk of om dit te kyk as hulle nog nie het nie.”

    Musiekvideos met beeldmateriaal uit ’n reeks of film was veral gewild om te doen in die 90’s. ‘Kompleks’ het heelwat verwysings na 90’s nostalgie, so in daardie opsig skakel die video ook by die reeks in. Die liedjie handel veral oor grense en hoe dit wat alledaags is, soms eintlik net ‘n klein stappie verwyderd is van iets hemels.

    Dis een van die sterk temas in die reeks ook; dat fantastiese dinge dalk soms net-net buite bereik is. In die storie is daar twee heelalle wat nie so ver van mekaar af verwyderd is nie, asof daar net ‘n fyn grens tussenin is.

    Deon Meiring gee ons ‘n “inside scoop”

    “Aanhangers kan uitkyk vir al die subtiele visuele leidrade wat die twee afsonderlike heelalle met mekaar verbind in die reeks. Baie van die skote vir die reeks is fyn beplan om terug te verwys na mekaar en daar is heelwat daarvan in die video. Ek is ook veral opgewonde dat mens ‘n hele klomp van die briljante akteurs in ‘Kompleks’ daarin te sien kry.”

    Kyk die video vir “Grensbewoner”‘ hier onder

    Jy kan Deon se nuutse EP HIER stroom of download.

    featured event

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Soos ‘n Spinnerak”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
    • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Deon Meiring New Music Videos
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMusica To Close All Stores in South Africa
    Next Article Rouge Releases Two Stunning Singles
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read28 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.