Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies

    David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 16 ViewsMay 9, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    David Kramer het ‘n spesiale liedjie vir Eseltjiesrus se Donkies geskryf en opgeneem! Donkies is dalk nie vir baie mense hoog op die belangrikheids rangorde nie – behalwe vir dié wat steeds vir hulle daaglikse bestaan afhanklik is van hierdie hardwerkende diere. Tot vandag toe vervoer duisende donkies nog goedere, boumateriaal, vullis, water en kos vir hulle eienaars.

    NetfloristOfferforge

    Eseltjiesrus naby McGregor is 16 jaar gelede gestig toe die nood besef is vir eerstens, ʼn veilige hawe vir afgeleefde, verwaarloosde donkies en tweedens, die noodsaaklikheid van bewusmaking van hierdie diere se merkwaardige eienskappe, soos getrouheid en nederigheid.

    Musieklegende David Kramer het kort na die ontstaan van Eseltjiesrus in 2008 ingestem om Beskermheer van hierdie besonderse donkie-oord te wees.

    Dr Johan van Zijl, voorsitter van die Eseltjiesrus Raad, stel dit so: “Dit was ‘n eer om hierdie gevierde en wyd gerespekteerde musiek- en teaterpersoonlikheid, David Kramer te betrek vanaf die ontstaan van Eseltjiesrus.”

    David Kramer with "Donkey" at Eseltjiesrus Sanctuary

    David Kramer vertel hoekom hy die beskermheer geword het vir Eseltjiesrus se Donkies

    “Ek het nog altyd ‘n sagte plekkie vir donkies gehad. As kind het ek hulle gereeld donkiekarre sien trek, daar is op hulle geskree en hulle is geslaan. Hulle het altyd so moeg en verwaarloos gelyk. Dit was vir my onregverdig dat hulle so mishandel is.”

    David Kramer het die liedjie “Donkiehemel” geskep en opgeneem om bewustheid te skep van die lot van werkende donkies asook die welsynswerk wat by Eseltjiesrus naby McGregor plaasvind.

    David Kramer

    David Kramer gesels oor die oorsprong van “Donkiehemel”

    “Toe ek onlangs Eseltjiesrus besoek het was daar `n voorstel dat ek ‘n liedjie vir hulle skryf. Aanvanklik kon ek my nie indink wat ek oor donkies sou sing nie, maar die volgende dag het ek die transformasie by die meeste van hierdie diere gesien. Dit het by my opgekom dat Eseltjiesrus vir ‘n mishandelde donkie soos die hemel moet lyk. Toe ek eers die idee gehad het, het die liedjie redelik maklik gekom!”

    David Kramer se “Donkiehemel” is op wêreld-donkiedag (8 Mei) bekend gestel.

    “Dié treffende liedjie sal beslis lank benut word om ‘n groter bewustheid te skep van die belang en behoeftes van donkies,” vertel Annemarie van Zijl, medestigter van Eseltjiesrus.

    NetfloristOfferforge

    Hierdie besonderse toevlugsoord vir donkies is orals bekend in Suid-Afrika en is ook deel van gefokusde groepe van donkie welsynsprojekte in 22 lande suid van die Sahara. Annemarie van Zijl is ook die redakteur van Donkeys for Africa: ʼn tydskrif- projek wat kommunikasie oor donkie-sake dwarsoor Afrika bevorder.

    Deur inligting te deel oor projekte en gemeenskaplike uitdagings, word donkies oor die hele vasteland se behoeftes beter verstaan. Gelukkige donkies kan beter werk, en dit beteken tevrede eienaars, sodat almal se welvaart baat.

    Spesiale nota: Boekliefhebbers kan ook uitkyk na die Eseltjiesrus Boekefees wat vanjaar van 16 tot 18 Junie by die Oos Kerk Saal in Robertson gehou word. Duisende nuwe en tweedehandse boeke sal te koop wees ten bate van die donkies by Eseltjiesrus. Kry meer inligting HIER.

    Luister na David Kramer se “Donkiehemel” HIER of laai dit HIER af.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ruiter Piet reik “Minnie Se Liedjie” uit
    • Saarkie Reik Nuwe Liedjie Uit: “Ballade Van ‘n Boemelaar”
    • Doomfairy & Worsie Van Wyk Reik Nuwe Liedjie Uit: “Beroerte”
    • Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans David Kramer Eseltjiesrus South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleNomadic Orchestra release flavourful album: “Out & About”
    Next Article Britney Meistre heads to Hollywood to record “By My Side”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read28 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.