David Kramer het ‘n spesiale liedjie vir Eseltjiesrus se Donkies geskryf en opgeneem! Donkies is dalk nie vir baie mense hoog op die belangrikheids rangorde nie – behalwe vir dié wat steeds vir hulle daaglikse bestaan afhanklik is van hierdie hardwerkende diere. Tot vandag toe vervoer duisende donkies nog goedere, boumateriaal, vullis, water en kos vir hulle eienaars.
Eseltjiesrus naby McGregor is 16 jaar gelede gestig toe die nood besef is vir eerstens, ʼn veilige hawe vir afgeleefde, verwaarloosde donkies en tweedens, die noodsaaklikheid van bewusmaking van hierdie diere se merkwaardige eienskappe, soos getrouheid en nederigheid.
Musieklegende David Kramer het kort na die ontstaan van Eseltjiesrus in 2008 ingestem om Beskermheer van hierdie besonderse donkie-oord te wees.
Dr Johan van Zijl, voorsitter van die Eseltjiesrus Raad, stel dit so: “Dit was ‘n eer om hierdie gevierde en wyd gerespekteerde musiek- en teaterpersoonlikheid, David Kramer te betrek vanaf die ontstaan van Eseltjiesrus.”
David Kramer vertel hoekom hy die beskermheer geword het vir Eseltjiesrus se Donkies
“Ek het nog altyd ‘n sagte plekkie vir donkies gehad. As kind het ek hulle gereeld donkiekarre sien trek, daar is op hulle geskree en hulle is geslaan. Hulle het altyd so moeg en verwaarloos gelyk. Dit was vir my onregverdig dat hulle so mishandel is.”
David Kramer het die liedjie “Donkiehemel” geskep en opgeneem om bewustheid te skep van die lot van werkende donkies asook die welsynswerk wat by Eseltjiesrus naby McGregor plaasvind.
David Kramer gesels oor die oorsprong van “Donkiehemel”
“Toe ek onlangs Eseltjiesrus besoek het was daar `n voorstel dat ek ‘n liedjie vir hulle skryf. Aanvanklik kon ek my nie indink wat ek oor donkies sou sing nie, maar die volgende dag het ek die transformasie by die meeste van hierdie diere gesien. Dit het by my opgekom dat Eseltjiesrus vir ‘n mishandelde donkie soos die hemel moet lyk. Toe ek eers die idee gehad het, het die liedjie redelik maklik gekom!”
David Kramer se “Donkiehemel” is op wêreld-donkiedag (8 Mei) bekend gestel.
“Dié treffende liedjie sal beslis lank benut word om ‘n groter bewustheid te skep van die belang en behoeftes van donkies,” vertel Annemarie van Zijl, medestigter van Eseltjiesrus.
Hierdie besonderse toevlugsoord vir donkies is orals bekend in Suid-Afrika en is ook deel van gefokusde groepe van donkie welsynsprojekte in 22 lande suid van die Sahara. Annemarie van Zijl is ook die redakteur van Donkeys for Africa: ʼn tydskrif- projek wat kommunikasie oor donkie-sake dwarsoor Afrika bevorder.
Deur inligting te deel oor projekte en gemeenskaplike uitdagings, word donkies oor die hele vasteland se behoeftes beter verstaan. Gelukkige donkies kan beter werk, en dit beteken tevrede eienaars, sodat almal se welvaart baat.
Spesiale nota: Boekliefhebbers kan ook uitkyk na die Eseltjiesrus Boekefees wat vanjaar van 16 tot 18 Junie by die Oos Kerk Saal in Robertson gehou word. Duisende nuwe en tweedehandse boeke sal te koop wees ten bate van die donkies by Eseltjiesrus. Kry meer inligting HIER.
Luister na David Kramer se “Donkiehemel” HIER of laai dit HIER af.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!