Chris Steyn, beter bekend as Plakkies, het pas sy splinternuwe enkelsnit “Ek Kannie” op alle digitale stroomdienste vrygestel.
Hierdie vrolike kuierliedjie, geskryf deur Chris Steyn self saam met Georic Lomas, Marco van Deventer en Bella, is ’n tong-in-die-kies huldeblyk aan “die Afrikaanse man wat gebore is met twee linkervoete.”

Chris Steyn verduidelik die inspirasie agter die liedjie
“Dié liedjie gaan oor ’n Afrikaner wat alles kan doen – van trekker ry tot werk aanpak – maar wanneer dit by dans kom, is hy heeltemal verlore. Ek hoop die publiek gaan dit geniet, lekker sokkie en kuier, en dat dié van ons wat weet ons kan nie dans nie ’n lekker lag sal kry uit die lirieke. Wie weet – dalk kry dit selfs party van hulle op die dansvloer!”
Die musiekvideo van “Ek Kannie” is onlangs by Hanger47 in Centurion verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, wat ook agter Chris se “Helemal” musiekvideo gestaan het.
“Die video is baie eenvoudig – net ek en my band wat agter op Cruisers staan en die liedjie lekker jam,” verduidelik Chris.
Kyk die video hier onder:
Met “Ek Kannie” bevestig Chris Steyn sy plek as een van Afrikaans se mees vermaaklike en egte kunstenaars. Hy sê sy droom vir die toekoms is eenvoudig: “Ek wil die volgende vyf jaar net die beste moontlike musiek vir my luisteraars uitbring. Dis vir my ’n ongelooflike voorreg om my passie vir musiek en reis elke dag te kan uitleef.”
Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



