Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit

    Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 11 ViewsFebruary 23, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Christiaan Baartman het “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” uitgereik. Dis ’n vrolike liedjie, met baie betekenis, wat daaroor gaan om jou potensiaal ten volle te ontgin en uit te leef. Na 2 swaar jare vir die musiekbedryf as gevolg van die pandemie, kan musikante uiteindelik ’n bietjie asemhaal en hierdie liedjie vier dit.

    NetfloristOfferforge

    Christiaan Baartman verduidelik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie”

    “Na twee jaar van swaarkry, voel ek dat dit nou die tyd is om jou passie aan te gryp en regtig te leef. So baie van ons oorleef net elke dag in ’n wêreld vol kompromieë en dis nie hoe dit moet wees nie. Ons is gemaak om voluit te leef al maak ons nie noodwendig baie geld nie. Geld kan immers nie geluk koop nie. Dit gaan daaroor om gelukkig te wees en jou lewensdoel te bereik.”

    Christiaan Baartman - Moenie Wag Tot Dit Te Laat is Nie

    Net soos met sy vorige oorspronklike musiek, sal hierdie kontemporêre popsnit luisteraars dwing om oor die lewe te dink, maar die opgewekte wysie sal hulle ook onwillekeurig laat saam neurie op die maat van die musiek.

    Christiaan Baartmaan vertel ons meer

    “Ek glo almal sal by die liedjie aanklank vind. Niemand van ons is perfek nie en daar is altyd iets wat ons van ons ware roeping weerhou. Die eerste stap is om te erken dat jy vir iets beter bestem is. Hierdie lied is vir my ’n bakenlig en sal hopelik ander motiveer om hulle potensiaal uit te leef.”

    “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” volg in die voetspore van “Net ’n Bietjie” en “Stof”, wat steeds oor die radio gehoor kan word.

    Gedurende inperking, het hy ook snitte soos “’n Vriend Soos Jy” (’n lekkerluister-duet saam met Mack Rapapali), “My Vrou” en Die Beste Deel uitgebring, wat baie goed ontvang is en bo-aan verskeie treffersparades gekuier het.

    Christiaan Baartman is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik

    Die sanger glo dat die toekoms vir hom nog baie hoogtepunte inhou en hy is tans besig om saam met Mack Rapapali en Scheppel (die violis) te werk aan ’n gospelliedjie wat hy in die nabye toekoms wil vrystel. Buiten vir ’n paar ander liedjies, kortspeelplaat en kinderalbum wat reeds in die pyplyn is, beplan hy en Mack ook om deur die land te toer ten bate van die nie-winsgewende organisasie Step by Step.

    “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” is ’n inspirerende liedjie, wat luisteraars aanmoedig om hulle drome te volg. “Soos die lewe verbyjaag, mis jy dalk jou kans om alles te sien en te doen wat jy moet. Leef jou passie uit en moenie wag tot dit te laat is nie.” sê Baartman.

    Jy kan Christiaan Baartman se liedjie HIER aflaai / stroom.

    featured event

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit
    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Stof”
    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”
    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Christiaan Baartman
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleYolandè de Klerk prepares for a big break in New York City
    Next Article Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    Sheron

    Sheron

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read72 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.