“Stof gaan oor daardie een mens in jou lewe, wat jou van binne na buite ken, en altyd terugkom ongeag van wat gebeur,” vertel Christiaan Baartman oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, wat hy saam met Leon Gropp vervaardig het.
Volgens dié Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde musikant, met sy rasperstem, het hy die koor van die liedjie al jare terug geskryf, maar dat ’n droom oor renosters wat nie kos het om te eet nie hom geïnspireer het om dit klaar te maak. Dit is ook hoekom die musiekvideo van hierdie snit op renosters, wat uit dieselfde stof as mense gemaak is, fokus.
Christiaan Baartman vertel ons meer oor “Stof”
“Ek sien hierdie nie as my skepping nie, maar as ’n brief aan die mensdom van ’n groter plek. Daar is altyd dinge in jou lewe wat belangriker is as ander, maar beskerm dit wat jou ’n beter mens maak en raak ontslae van die dinge wat jou lewe vergiftig,” verduidelik hy. “Dit is ’n liedjie wat met die hart praat en sal aanklank vind by oud en jonk.”
“Stof” is die sewe-en-negentigste liedjie uit Christiaan se pen en volg in die voetspore van die lekkerluister-duet, “‘n Vriend Soos Jy”, wat hy saam met Mack Rapapali uitgebring het en wat meer as twee miljoen ore bereik het.
“My Vrou” en “Die Beste Deel”, wat in 2020 vrygestel is, is ook baie goed ontvang en het bo-aan verskeie treffersparades gekuier.
Meer inligting oor Christiaan Baartman
Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik toe hy negentien was. Van sy loopbaanhoogtepunte sluit in Huisgenoot Tempo- en Ghoema-toekennings; ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale rondte te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; asook konserte by verskeie funksies regoor die land.
Christiaan Baartman reis gereeld om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling-bestemmings is beslis Nashville, wat hy graag weer in die nabye toekoms wil besoek. Sodra inperkings opgehef word, beplan hy ook ’n landswye toer om sy nuwe musiek met bewonderaars te deel. Dié talentvolle sanger wil graag met mense se harte praat en vir hulle hoop gee en met “Stof” kry hy dit beslis reg.
Jy kan Christiaan Baartman se “Stof” HIER stroom / download.
Voel vry om gereelde in te check vir opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.