Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    Zaan Sonnekus jaag vooruit met nuwe liedjie “Spoed”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 17 ViewsSeptember 13, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die Afrikaanse rocker Zaan Sonnekus is terug met sy nuutste enkelsnit, “Spoed” – ’n rou en energieke rockliedjie met ’n alternatiewe kant, wat die onverbiddelike tempo van die lewe vasvang.

    NetfloristOfferforge

    “Die lewe is onvoorspelbaar en vinnig. Veral in hierdie bedryf – jy moet rêrig kop hou, want die industrie kan jou heel insluk. ‘Spoed’ gaan oor daardie gevoel dat die lewe jou soms vooruit hardloop, en jy self moet besluit of jy gaan vasbyt of meegevoer word,” verduidelik hy.

    Zaan Sonnekus

    Vir Zaan Sonnekus is die liedjie ook ’n eerlike kyk na sy lewe op die pad saam met sy orkes – die konstante flits van busritte, soundchecks en vertonings.

    “Ek sal dit vir niks ruil nie, maar dis só vinnig dat jy dit nie altyd regtig inneem nie. Soms moet jy terug sit en net luister – al is dit in ’n toerbus.”

    “Spoed” is geskryf deur Zaan en die veelbekroonde liedjieskrywer Marco van Deventer. Dit is die eerste keer dat hy iemand anders se lirieke in sy musiek toelaat.

    “Aanvanklik was dit vreemd om iemand anders se invloed in te bring, maar van die begin af het dit presies beskryf hoe my lewe op die pad voel. Sonder Marco sou hierdie liedjie nie bestaan nie.” sê Zaan Sonnekus

    Die produksie is deur Ruan Graaff behartig, met bydraes van kitaarspeler Kyle Botha op die dromme.

    Die liedjie is geïnspireer deur die spoed waarteen Zaan se loopbaan en persoonlike lewe die afgelope jaar beweeg het. Dit is ’n eerlike weergawe van sy huidige fase: energiek, intens en vol drome.

    “Dit gaan oor die opwinding, maar ook oor die verliese – verjaarsdae, troues en mense wat jy mis. Tog is dit deel van die pad wat ek gekies het.”

    featured event

    Hy glo die publiek gaan die liedjie aanvoel: “Almal ervaar spoed op hul eie manier – of dit nou oorweldigend is, of hulle daardie adrenalien soek. Ek dink dis ’n liedjie wat jy hard in jou kar wil speel of saam wil skree by ’n show. Ek wil hê dit moet jou herinner dat jy jou eie spoed mag kies – al is dit net vir drie minute.”

    Die musiekvideo vir “Spoed” vang die energie van die liedjie vas deur ware oomblikke uit Zaan se lewe op die pad te wys. Dit kombineer chaos, adrenalien en vryheid met rou, rebelse tonele.

    Die video is op ’n Sondagaand in Pretoria geskiet – by ’n vulstasie, langs die hoofweg en selfs op ’n geïmproviseerde plek waar die bussie sommer net gestop het.

    Kyk die video hier onder:

    “Daardie spontane deel is ironies genoeg my gunsteling,” sê Zaan Sonnekus.

    Jy kan “Spoed” HIER stroom/aflaai.

    Wat Lê Voor vir Zaan Sonnekus?

    Zaan Sonnekus werk tans aan sy tweede album, bou aan sy eie onafhanklike platemaatskappy en beplan groter vertonings, van feeste tot unieke produksies.

    “Elke dag skryf en komponeer ek nuwe musiek – ek voel soos iemand wat voluit jaag na die volgende groot ding.”

    Een van sy loopbaanhoogtepunte tot dusver was sy optrede by Krone einde Augustus, waar hy as rockkunstenaar sy eie plek op ’n massiewe verhoog kon inneem.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie on SA Music Zone.

    Related Content:

    • Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”
    • Zaan Sonnekus reik nuwe enkelsnit uit: “Monitor”
    • Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit
    • Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Rock South Africa Spoed Zaan Sonnekus
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleSoa Mattrix & Kabza De Small Release “Memeza”
    Next Article Ed Sheeran Releases New Album: “Play”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Tino
    September 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    2 Mins Read21 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Ziggy Alberts
    October 27, 2025

    Ziggy Alberts Releases New Single: “Cyclones”

    3 Mins Read14 Views
    Birthday Cake
    October 25, 2025

    Erin Elliot & Sophia Frank Serve Up Some “Birthday Cake”

    3 Mins Read17 Views
    Filthy Hippies
    October 24, 2025

    Filthy Hippies Release New EP: “Waves”

    2 Mins Read8 Views
    Goeters Om Te Doen
    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Collen Maluleke

    Collen Maluleke – A Decade Of “Open Heavens”: 28 Nov 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read109 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read13 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
    • Sheron on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Sharon Sibert on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.