Vandag word ‘n splinternuwe enkelsnit deur Straatligkinders vrygestel, getiteld “Kakofonie”. Vir hierdie vrystelling span Straatligkinders saam met Majozi vir ‘n alternatiewe, dog prettige en opwindende aanbieding.
Meer inligting oor “Kakofonie”
‘n Liedjie oor die liefde en hoe dit jou mal dinge kan laat doen – die enkelsnit bring beslis die punkrockers in ou en nuwe aanhangers na vore. Die nuutste in ‘n reeks samewerkings deur Straatligkinders, en aanhangers kan uitsien na ‘n prettige en opregte, borrelende saam-sing snit saam met Suid-Afrika se liefling, Majozi.
“Kakofonie” is in 2021 geskryf met die inspirasie daaragter spesifiek ‘n samewerking met Majozi, wat die groep sedert hul vroeë punkrockdae ken, en aangesien Majozi die groep se vertonings bygewoon het voordat hy hulle geken het – wou hulle pret hê met die punkrocker in hom!
Bouwer Bosch vertel ons oor hoe “Kakofonie” gebeur het
“Majozi is een van die grootste musikante in Suid-Afrika en dit was eintlik ‘n lang skoot om hom te vra, want hy het ons beslis nie nodig nie! Maar ons is net op ‘n plek waar ons lekker samewerkings met ander kunstenaars wil doen en Majozi het net reg gevoel. Die proses was maklik; hy het alles in Kaapstad opgeneem en net die opnames deurgestuur. Ons het hom vrye teuels gegee om te skryf oor waarvan hy hou.”
Majozi vertel ons hoe dit was om saam met Straatligkinders te werk
“Ek het grootgeword met Straatligkinders in die gloriejare van MK, en een van die eerste optredes wat ek ooit in Pretoria gedoen het, was saam met hulle, so toe hulle vra of ek saam met hulle aan ’n liedjie wil werk – het ek dadelik ja gesê! Dit was ‘n ware eer vir my. Hierdie liedjie is vol jeugvolle energie, en ek het in my pop-punk-verlede gegrawe vir hierdie, so dit was regtig vir my lekker!”
Ek moet erken dat “Kakofonie” een van die beter liedjies is wat ek hierdie jaar gehoor het. Ek kan nie wag om hierdie by ‘n live show te hoor nie.
Jy kan “Kakofonie” HIER aflaai / stroom.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Take control of your online privacy and access content from anywhere with NordVPN - the trusted choice of millions. Whether you're streaming, browsing, or shopping, NordVPN keeps your data secure and your connection blazing fast. Don’t wait — protect yourself today and get up to 70% off your NordVPN plan!