Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Saarkie Raak Nostalgies Met “Jasmyn Kind”

    Saarkie Raak Nostalgies Met “Jasmyn Kind”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 37 ViewsNovember 9, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Kort op die hakke van hulle gewilde treffer, Rondomtalie, is Suid-Afrika se gunsteling-rockgroep, Saarkie, terug in die kollig met ’n nostalgiese ballade wat luisteraars sal laat terugverlang na hul kinderdae.

    NetfloristOfferforge

    Die melodie en lirieke van “Jasmyn Kind” is deur Adèle Fouché geskryf, en sy, Lila Botha en Lourene Mostert het ook die instrumente opgeneem en die musikale verwerking gedoen. Die snit is oudergewoonte vervaardig deur Jacques du Plessis van High Seas Studios en finaal verwerk deur Gustav van Rooyen.

    Saarkie vertel ons meer van “Jasmyn Kind”

    “As ’n mens ’n bietjie stil raak, kan jy dinge onthou wat jou gesond kan maak. Die liedjie vat ons op ’n denkbeeldige reis na geheimsinnige paaie waarop ons almal is. Op die ou einde van die dag, maak dit die lewe ’n bietjie ligter om soos ’n kind te wees.”

    Jasmyn Kind - Saarkie

    Volgens die groep, is die liedjie sover baie goed ontvang tydens optredes en spog dit met ’n onderliggende kalmte wat jou diep roer. Die musiekvideo is op vriende se plaas naby Dullstroom geskiet genaamd Hemel op Aarde. Marlie van Unbreakable Media was agter die kamera en wou hê dat hulle ’n dieper aanslag moes neem met hierdie liedjie.

    Saarkie - Jasmyn Kind

    Alhoewel dit koud was en dit op ’n stadium gehael het, het hulle voortgegaan en het dit bygedra tot ’n fantastiese eindproduk.

    Saarkie verduidelik

    “Net soos wat kinders natuurlik groot word, gaan ons ook deur natuurlike seisoene in ons lewe. Daar is dag en nag, en soms is dit koud en donker, maar dan steek iemand vir jou ’n vuur aan. Al staan jy onder honderd populierbome wat koud waai in die nag, het iemand langs jou waardering vir die waaiende blaartjies en die vuurvliegies in die nag. Sien die mooi deur alle seisoene van jou lewe.”

    Kyk die video vir “Jasmyn Kind” hier onder:

    “Jasmyn Kind” en “Rondomtalie” is beskikbaar op hulle volgende album en volg in die suksesvolle voetspore van vorige treffers soos “Waar lê jou hart” (die titelsnit van hulle vorige album), “Reënweer” en “River Blues”, wat goed ontvang is en aan hulle vier Afri-Indie-toekennings besorg het, waaronder Beste lewendige rockgroep, Beste alternatiewe album, Beste alternatiewe enkelsnit en Beste rock-enkelsnit.

    “Ons is dankbaar vir almal wat ons ondersteun het oor die afgelope sewentien jaar. Alhoewel nie al die liedjies almal ewe goed presteer nie, was mense nog altyd mal oor ons musiek en daaroor is ons bly. “Jasmyn Kind” is die tweede enkelsnit vanaf album nommer ses.” sê Saarkie.

    NetfloristOfferforge

    Alhoewel Saarkie, wat oorspronklik bestaan uit Adèle Fouché en Lila Botha, hoofsaaklik nog altyd ‘n meisiesgroep was, deel hulle nou die verhoog met enige jong briljante musikant.

    Buiten vir die nuwe album, het die groep ’n lekker vol kalender vir die res van die jaar en beplan hulle aan ’n 2023-toer na Nieu-Seeland, Europa en Australië. Adèle skryf ook musiek vir haarself of ander kunstenaars en verder geniet die tuinroete rondom haar huis ook baie aandag. Sy geniet dit ook om selfdoen-projekte in en rondom die huis aan te pak.

    Lila bestuur self haar besigheid – Da Capo Trading – wat korporatiewe drag- en geskenke, werksklere, PPE, borde en meer aan besighede verskaf. Sy is ook ’n kranige tennisspeler. Die meisies hou daarvan om tyd in die natuur te spandeer en het reeds die Otter- en Visrivier-staproetes op hulle kerfstok. Hulle sien ook baie uit na hulle eerste produksie in die Atterbury-teater wat op 16 November plaasvind. Kaartjies is beskikbaar op www.seatme.co.za.

    Saarkie se “Jasmyn Kind” liedjie is beskikbaar om te stroom op Spotify, Apple Music en Deezer.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Undertone Releases New Single: “Kind of Love”
    • Saarkie reik “Rondomtalie” Musiekvideo Uit
    • Saarkie Reik Nuwe Liedjie Uit: “Ballade Van ‘n Boemelaar”
    • Saarkie reik nuwe enkelsnit uit: “Reënweer”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jasmyn Kind Saarkie
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJames Deacon Releases New Single: “Home”
    Next Article Beatenberg Release “On The Way To Beatenberg” EP
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Majozi

    Majozi

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.