Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

    Rudi Kleingeld reik nuwe enkelsnit uit: “Oomblikke”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 85 ViewsApril 4, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Met sy nuutste enkelsnit, “Oomblikke”, bring Rudi Kleingeld ‘n diep filosofiese en introspektiewe boodskap na die Afrikaanse musiektoneel.

    NetfloristOfferforge

    Die lied, wat deur ‘n kombinasie van 90’s rock en sokkie Afrikaans gekenmerk word, dwing die luisteraar om te besin oor die aard van tyd, verandering en identiteit.

    Rudi Kleingeld

    Meer inligting oor Rudi Kleingeld se “Oomblikke”

    Volgens Rudi het die idee vir “Oomblikke” ontstaan uit die besef hoe vinnig tyd beweeg – ‘n gevoel wat net al hoe sterker raak namate mens ouer word.

    “Die wêreld en samelewing ontwikkel so vinnig, maar dit voel nie asof die mens se ‘menswees’ saam vooruitgaan nie. Persoonlik voel dit soms asof ek wakker word in ‘n wêreld wat ek nie ken nie,” sê hy.

    Hierdie besef het hom gelei om lirieke te skryf wat ‘n balans tref tussen nostalgie en ‘n soeke na betekenis.

    Die reël “Ek’s nie gister se kuns werd nie” is veral treffend en weerspieël sy besef dat, hoewel hy geïnspireer is deur die kunstenaars voor hom, hy nie net kan herhaal wat sy helde gedoen het nie.

    “Ek moet my eie manier vind om my merk te los. So skryf my naam op die horison, want dit is waar ek myself sal vind,” verduidelik hy.

    Rudi Kleingeld beskryf die klank van “Oomblikke” as ‘n kombinasie van 90’s rock met ‘n tikkie nostalgie en grunge. “Daar is baie meer harmonie bygevoeg, en ek was veral geïnspireer deur Queen se musiek,” sê hy.

    Hy noem ook dat hy kunstenaars soos Soundgarden, Collective Soul, Nothing But Thieves en Jan Blohm geluister het tydens die skeppingsproses van die lied.

    NetfloristOfferforge

    Die produksie van die snit is gedoen deur Tertius Human, wie Kleingeld beskryf as een van die beste vervaardigers in Afrikaans. “Ek geniet elke kreatiewe oomblik saam met hom,” sê hy oor die ervaring van die opnameproses. Die lirieke van “Oomblikke” dra ‘n rebelsheid in sig, wat ‘n uitdaging aan die norm bied.

    Die frase “Tattooer my ‘n ruglyn” is ‘n metafoor vir die behoefte aan rigting in ‘n wêreld waar tegnologie en sosiale media mense maklik koersloos kan laat voel. “Soms moet ons iets hê om ons te herinner aan ons doel en waarheen ons oppad is,” sê hy.

    Die reël “Ons is “Oomblikke” gemaak in harmonie, vandag hier en more uitgespoel” verwoord die kortstondigheid en onvoorspelbaarheid van die lewe – ‘n sentrale tema van die lied.

    “In vergelyking met die groter tydlyn is ons maar ‘n spikkel wat skaars gesien word. Dit gaan vinnig verby en niks word gewaarborg nie,” voeg hy by.

    Kleingeld hoop dat luisteraars hul eie betekenis in sy musiek sal vind. “Ek voel dat iemand wat my musiek luister, hul eie boodskap of betekenis daaruit sal kry,” sê hy.

    Hy meen ook dat Afrikaanse musiek tans vinnig ontwikkel en dat ernstiger temas weer gewild gaan raak, in plaas van die braai-en-brandewyn-liedjies wat lank die mark oorheers het.

    Met opwindende projekte in die vooruitsig, insluitend ‘n cover van een van sy gunsteling Afrikaanse liedjies, beplan Kleingeld om “Oomblikke” so wyd moontlik te deel.  “Indien die geleentheid daar is, sal ek dit graag live wil opvoer,” sê hy.

    “Oomblikke” is nou beskikbaar op Spotify en alle ander digitale platforms.

    Moenie hierdie diep, sielvolle weergawe van verganklikheid en identiteit misloop nie – dit is ‘n lied wat jou laat dink oor die “Oomblikke” wat verbygaan en dié wat jy vir altyd wil vashou.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”
    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sweef Vir Jou”
    • Rudi Kleingeld is alles behalwe small change
    • Zahn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Geval Vir Jou”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Oomblikke Rudi Kleingeld South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleFilthy Hippies Release “A Colourful Trip Through Melancholy”
    Next Article Dan Duminy releases new single: “Lost Without You”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read10 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.