Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Logan Pietersen reik nuwe enkelsnit uit: “Ex-Probleem”

    Logan Pietersen reik nuwe enkelsnit uit: “Ex-Probleem”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 58 ViewsSeptember 28, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Na die sukses van sy debuut-enkelsnit, 3 Weke, is Logan Pietersen terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit, uit sy eie pen, wat die publiek nóg meer gaan geniet as die vorige een.

    NetfloristOfferforge

    “Ex-Probleem” het ‘n lekker opgewekte ritme en gaan oor tipiese probleme wat ’n liefdesverhouding laat sneuwel en jou skepties maak vir toekomstige verhoudings.

    Logan Pietersen verduidelik die inspirasie agter die liedjie

    “Na my verhouding met die meisie oor wie ‘3 Weke’ gaan, was daar vir ’n kort rukkie iemand anders in my lewe. Dinge was egter vinnig verby tussen ons, omdat dit gevoel het asof die vorige situasie homself herhaal. ’n Mens kom op die punt wat jy genoeg gehad het en jou vertroue so vertrap is dat jy moeg is vir leuens en valse hoop. Ek het toe albei situasies gebruik as raamwerk om Ex-Probleem te skep.”

    Logan Pietersen - Ex-Probleem

    Die lied, wat deur Fanie Pieterse vervaardig is, lê hom na aan die hart omdat dit hom gemotiveer het om homself los te maak van die houvas wat hierdie meisies op sy daaglikse geluk gehad het. Hy glo ook dat dit vir luisteraars, wat self deur ’n moeilike tyd gaan, iets kan beteken en dat mense daarby sal aanklank vind en die storie hulle eie sal maak.

    Meer inligting oor Logan Pietersen

    Logan Pietersen (wat van Naboomspruit af kom) is mal oor visvang, motorfietsry, 4×4-avonture en vele meer.  Hy woon tans in Pretoria en is die oudste van drie kinders.  Sy liefde vir skryf en musiek was egter nog altyd sy grootste passie.

    Hy werk reeds vir meer as ’n dekade in die musiekbedryf en het al talle hoogtepunte behaal, soos om deur te dring na die Top 96 van seisoen drie van The Voice SA en die Top 46 van Maak My Famous. Hy het ook twee oudisies geslaag om Suid-Afrika te verteenwoordig in New York in 2020, maar kon weens die Covid-19-pandemie nie hierdie droom verwesenlik nie.

    Logan Pietersen

    Ten spyte van talle uitdagings, insluitend die dood van sy sussie, het hy nooit moed opgegee nie en is hy baie trots op die sukses wat sy eerste enkelsnit, wat vir maande lank op al wat ‘n trefferparade is gekuier het en steeds op stasies landswyd gehoor kan word, bereik het.

    Tans werk Logan Pietersen hard aan sy musiek en doen hy soveel optredes as wat hy kan. Hy sou ook graag in die toekoms ’n driestuk-musiekgroep op die been wou bring om ’n voller klank met gehore te kan deel.

    “Ex-Probleem” mag nou wel klink soos ’n hartseer liedjie, maar die teendeel is waar. “Dit kom uit my hart en het ’n lekker opgewekte ritme, wat jy op enige plek en tyd kan geniet.” vertel Logan.

    featured event

    Jy kan “Ex-Probleem” op Spotify, Apple Music en ander musiek-stroom platforms stroom.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”
    • Zaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Krapmerke”
    • Angie oeh reik nuwe enkelsnit uit: “M.O”
    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Logan Pietersen Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous Article“Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier
    Next Article Wicked World release the video for “Music”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.