Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Liza Nel Reik “Moes Maar Ek Moenie” Uit

    Liza Nel Reik “Moes Maar Ek Moenie” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 21 ViewsMay 27, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    In 2023 het die Afrikaanse musiekbedryf vir die eerste keer kennis gemaak met die blondekop sangeres Liza Nel en haar tong-in-die-kies treffer, “My Bok”.

    NetfloristOfferforge

    In 2024 het sy die momentum voortgesit met “Rooi”, en nou is sy terug – sterker as ooit – met haar mees diepgaande werk tot dusver: die splinternuwe enkelsnit “Moes Maar Ek Moenie.”

    Liza Nel

    Die liedjie is ’n spanpoging tussen Liza Nel, Bella Coleske, Georic Lomas en Marco van Deventer. Hierdie kreatiewe span het ’n musiekstuk geskep wat melodieus én emosioneel resoneer. “Dit was vir my die grootste voorreg,” sê Liza.

    Sy beskryf die lied as ’n country-liedjie met ’n folky gevoel, soortgelyk aan die styl van The Lumineers. Die lirieke vertel van pyn, weerloosheid en uiteindelik, genesing. Dit gaan oor die vrees om weer lief te hê ná hartseer, maar ook oor die transformerende krag van onvoorwaardelike liefde.

    “Elke mens was al op een of ander manier seer gemaak deur die liefde… Tot jy op ’n dag iemand ontmoet wat jou weer leer om lief te hê,” sê sy openhartig.

    Liza Nel se storie van liefde en genesing

    Hierdie lied is nie net fiksie nie – dis haar eie waarheid. Liza, wat getroud is met die bekende sanger Ricus Nel, deel dat die lirieke geïnspireer is deur haar eie reis in die liefde.

    “Ek wil hê mense moet weet dat almal liefde verdien,” sê sy. “Die liedjie is ’n stuk van my hart wat ek met almal wil deel.”

    Vir Liza is eerlikheid die kern van haar musiek. Sy glo dat luisteraars onmiddellik kan aanvoel of ’n kunstenaar opreg is. “Ek hoop mense sal kan vereenselwig met die liedjie en dat dit met hulle harte sal praat,” sê sy.

    Saam met die enkelsnit is daar ook ’n pragtige musiekvideo, vervaardig deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative. Liza beskryf die verfilming as een van die hoogtepunte van haar loopbaan. “Ek was só dankbaar vir elkeen wat betrokke was. Dit was rêrig ongelooflik!”

    Express VPN

    Die video is verfilm in ’n asemrowende veld wat Liza laat dink het aan die gewilde reeks Yellowstone, en die natuur het saamgespeel met ’n dramatiese sonsondergang. Vir Liza was dit asof “die Here persoonlik die toneel afgerond het.”

    Vir die musiekvideo dra Liza ’n spesiale skepping deur Reandi Grey van GreyC Creations. Die rok is só besonders dat dit selfs kleur- en stylontleding deur Jeanne Pistorius van Kleurvol ingesluit het. “Ek het laas op my troudag so mooi gevoel,” glimlag sy.

    Kyk die musiekvideo hier onder:

    Van haar hare en grimering deur Suna Robberts, tot die agter-die-skerms koördinering deur Marco van Deventer, fotografie deur Hendri Viljoen, en regie van Georic Lomas – Liza is vol lof en dankbaarheid teenoor elkeen wat hierdie reis moontlik gemaak het.

    Met “Moes Maar Ek Moenie” wys Liza Nel haar groei as kunstenaar en haar vermoë om diep emosies deur haar musiek te deel. Dis ’n lied wat waarskynlik sal aanklank vind by enigiemand wat al seer gekry het, maar steeds hoop koester vir liefde.

    “Vir my is hierdie liedjie ’n liefdesbrief aan elkeen wat al seer gekry het, maar steeds glo in die krag van liefde,” sê sy.

    Liza Nel se “Moes Maar Ek Moenie” is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Luister HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Ricus Nel en Riaan Benadé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “308”
    • Sunel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Moenie”
    • Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit
    • Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Liza Nel South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMatt Shaw Releases Heartfelt Single: “Be Something Real”
    Next Article Omhle Diya & Ntokzin Release “Thatha Konke”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Donkerbaai
    December 2, 2025

    Donkerbaai Reik “Ouer Maar nie Wyser nie” Uit

    2 Mins Read5 Views
    Pieter Marcato 1 Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: "Lekker Man"
    November 26, 2025

    Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lekker Man”

    3 Mins Read6 Views
    Ray Dylan
    November 26, 2025

    Ray Dylan Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Die Vader Weet”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Babette
    December 3, 2025

    Babette Releases New Single: “Hey Jack”

    2 Mins Read19 Views
    Temple Boys CPT
    December 3, 2025

    Temple Boys CPT Return With New Album: “Ons is Hier”

    3 Mins Read8 Views
    B1DR project - Franco Schoeman
    December 3, 2025

    B1DR Release New Single: “Marula”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Sannie Fox

    Sannie Fox: December 2025 Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    ULTRA South Africa 2025 Crowd

    ULTRA South Africa 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read16 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read237 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.