Sunel is n sanger en liedjieskrywer vanaf Mosselbaai in die Weskaap. Haar debuut-enkelsnit, “Fickle Heart”, wat in 2017 uitgereik is, was vir nege weke nommer een op SFM se Top 30 en vir dertien weke bo-aan die Nederlandse radiostasie, HOSA Radio.
Sunel het ook `n treffende James Bond tema musiekvideo vrygestel vir dié treffer wat vervaardig is deur die SAMA- en Ghoema-bekroonde vervaardiger Ryan Kruger. Kort na dit het sy haar eerste Afrikaanse enkelsnit “Hart se Wens” vrygestel. Haar eerste album, getiteld Symptome, het sy kort daarna vrygestel, wat ook 10 van haar eie liedjies bevat.
Gedurende die Covid-19 pandemie, het Sunel besluit om haar musiek-styl te verander en meer te waag. Sy was bevoorreg om haar nuwe liedjie “Moenie” saam met Francois van Coke te kon skryf. “Moenie” was gevolglik ook by Van Coke Studios in die Kaap opgeneem met Richard Onraet as vervaardiger.
Sunel beskryf “Moenie”
“Vars Alternatief, tog ook so bietjie pop-punk. Die storie agter die liedjie gaan daaroor om te protesteer teen mense wat die samelewing wil probeer beheer. Dis Ok om nie in te pas nie, solank jy staan vir waarin jy glo.”
Francois Van Coke het dit geniet om saam met Sunel te werk
“Sunel het al baie interessante en moeilike draaie in haar loopbaan gemaak en sy is op die stadium nie bang om ‘n kans te waag nie. ‘Moenie’ is ‘n kreet vir haar toekoms. Sunel is reg vir aksie. Ek is baie opgewonde oor die tune en haar toekoms!”
Die musiekvideo vir “Moenie” is geskiet in`n ou verlate kragstasie naby Mosselbaai. Die agtergrond van die video is baie Apokalipties, met `n lekker streetwise gevoel. Francois Zwiegers en Wynand Van Reenen het die video geskiet en die finale video is deur Damiane van Reenen saamgestel.
Sunel lewer kommentaar op die video
“Ek is baie gelukkig met die video. Dit som die liedjie perfek op. Ek sien myself as `n positiewe rebel. Elke terugslag wat mens beleef om jou drome na te jaag, elke deur wat in jou gesig toegemaak word, sê eintlik net moenie opgee nie. “Ons stamp ons koppe tot ons seëvier!” Aanhouer wen, en iewers sal `n deur wel oopgaan.”
Sunel tree die 30ste Oktober 2022 (11 uur) by Hart & Bosch Village naby Mosselbaai op. Toegang is gratis.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Access your money quickly and earn high interest with Kastelo! Enjoy near-instant access to your funds while earning over 7% interest! Unlike long-term investments their fintech enables daily lucrative returns! Why wait? Sign up NOW!