Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit

    Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 4 ViewsOctober 8, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Vandag word nie net een nie, maar twee splinternuwe enkelsnitte van Kabaal Klankbaan vrygestel. Nie ‘n groep wat iets volgens die boek doen nie, bederf hulle aanhangers vandag met ‘n nuwe Engelse en Afrikaanse enkelsnit. Die enkelsnitte is die eerste aanbod van hul dubbele EP-uitgawe, in Engels en Afrikaans, wat in November 2021 oppad is.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor “Soms”

    “Soms” is die eerste aanbod van die komende Afrikaanse EP, en is al meer as 10 jaar gelede geskryf. Die liedjie was aanvanklik ‘n gekrabbel wat in Kabaal Klankbaan se repertoire en notaboeke weggekruip het, en wat uiteindelik die ideale omgewing gevind het om op die nuwe EP te floreer.

    Kabaal Klankbaan - Flogsta Scream

    “Soms gaan oor die wonde van die verlede wat ons soms saam met ons dra, wat nie regtig welkom is in nuwe verhoudings nie, maar onvermydelik ‘n invloed daarop het. Dit word aangebied uit die oogpunt van iemand wat wonder oor hul minnaar se verlede.”

    Die enkelsnit is ‘n energieke, tradisionele Afrikaanse folk-rocklied wat kontrasteer met die liriese inhoud – die klassieke ‘sad song, with a beat’. Die energieke akoestiese klank van hierdie liedjie is ‘n lekker inleiding tot wat volg, en hopelik ‘n toeganklike storie met emosionele relevante lirieke wat aan die gevoelige kant van verhoudings raak, maar nie te swaarmoedig is nie.

    Kabaal Klankbaan Frontman Floris Groenewald vertel ons meer oor “Soms”

    “’Soms’ is die verhaal van ‘n liefdesverhouding wat nie heeltemal maanskyn-en-rose is nie, maar onder die oppervlak vol twyfel en ou wonde. Alhoewel ek nie dink dat dit baie gesonde gedrag is nie, dink ek dat die meeste mense wat in ‘n verhouding was, op ‘n stadium gewonder het oor die verlede van die ander persoon, en hoeveel hulle nogsteeds aan dit vashou. As dit jy is, sal hierdie liedjie hopelik jou storie vertel.”  

    Meer inligting oor Kabaal Klankbaan se “Hunted Woman”

    “Hunted Woman” die eerste snit uit die komende Engelse EP, is in 2010 geskryf met ‘n groot deel van die inspirasie daarvan die Sin City-grafiese roman ‘Hell and Back: A Sin City love story’, met ‘n vrou op vlug van haar verlede, en die man wat haar van selfmoord red.

    “Dit gaan daaroor om iemand te leer ken, maar om te besef dat hulle ‘n verlede het wat hulle agtervolg. Niemand is sonder bagasie nie, maar maniese pixie-droommeisies bestaan nie, en soms moet jy maar net vertroosting vind in ’n een-nag-romanse of ‘n glas whisky.”

    “Hunted Woman” is ‘n bietjie donkerder as die meeste van Kabaal Klankbaan se liedjies, met orrel en stampende tromme wat ‘n ietwat teatrale element toevoeg tot ‘n onvolmaakte liefdesverhaal van ‘n vrou wat op soek is na ontsnapping, en ‘n man wat haar probeer help, maar nie daarin slaag nie. Die enkelsnit het ‘n sterk energie en instrumentasie wat die vertelling netjies beklemtoon, maar ook tematies ‘n goeie voorskou gee van waaroor die volledige EP handel.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    NetfloristOfferforge

    Related Content:

    • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit
    • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”
    • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit
    • Kabaal Klankbaan Release New Single: “Not Tonight, Josephine”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Kabaal Klankbaan Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMoonchild Sanelly & Sad Night Dynamite Release “Demon”
    Next Article Jethro Tait Releases Awesome Video For “Will You Stay”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Sheron

    Sheron

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.