Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 9 ViewsSeptember 29, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die immergewilde Janie Bay het pas `n video vir die tweede enkelsnit vanaf haar album Prisma uitgereik. Die liedjie “Kalmeer” gaan oor die onvoorspelbare wêreld waarin ons tans leef.

    NetfloristOfferforge

    Janie Bay verduidelik die inspirasie agter “Kalmeer”

    “Ek voel dat ons almal bietjie kalmer waters nodig het. Dinge beweeg vreeslik vinnig deesdae en dit voel asof daar tans so baie onverwagte dinge oor ons almal se pad kom. Dit is tans moelik vir die mensdom om psiglogies en emosioneel sin te kan maak van wat alles gebeur.”

    Janie Bay - Kalmeer

    Janie verduidelik die konsep vir die video vir “Kalmeer”

    “Niemand is altyd op hul beste nie. Met die maak van die video wou sy en regisseur Damiane van Reenen werk met beelde wat die psige van `n diep onrustigheid voorstel.  Depressie, angs, moedeloosheid, vrees ensovoorts. Dit gee die gevoel van daardie moeilike tye uit wanneer ons in onvaste oomblikke nie die antwoorde het hoe om dinge beter te kan maak nie.”

    Bay sê dat sy dit geniet om met Van Reenen te werk

    “Hy het `n skerp, innoverende oog. Die res van die span op stel van “Kalmeer”, Marguerite van Eeden (produksie-assistent) en Ibby Bukuru en Deon Dee (Beligting) het dit alles `n baie goeie ervaring gemaak. Ek hoop dat mense van die video sal hou!”

    Janie Bay se Afrikaanse album, Prisma, waarop “Kalmeer” verskyn, is in Junie vanjaar uitgereik.  Die eerste enkelsnit vanaf die album “My Lief” wat Bay saam met Majozi en Early B opgeneem het het groot sukses op radio behaal, onder andere die nommer 1 posisies of Jacaranda FM se SA Top 20 en dié stasie internasionale CTM Top 20. “My Lief” was ook nommer 1 op Radio Helderberg se SA Top 10 en het verskeie ander Top 20 posisies landwyd gehaal.

    Janie Bay

    Die album is ‘n samevloeisel van liedjies wat geskryf is tussen 2019 en vroeg-2021. Met persoonlike temas soos familie, die liefde, passie, verlies en aanmoediging as hoeksteen, is dit ‘n meesterlike smeltkroes van uiteenlopende musikale teksture wat wye draaie gooi tussen lieflike ballades en ligte pop-musiek, asook ‘n goeie dosis elektroniese adrenalien.

    Janie Bay het in 2017 as SAMA-genomineerde kunstenaar en internasionale pryswenner aangesluit by Warner Music South Africa. Haar musiek is al meer as 6 miljoen keer gestroom en volgens RadioMonitor.com het haar Afrikaanse enkelsnitte die afgelope twee jaar meer as 100 miljoen luister-trefslae gehaal.

    Janie Bay se Prisma album is beskikbaar op alle gewilde digitale platforms.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    NetfloristOfferforge

    Related Content:

    • Janie Bay reik “Amper Daar” uit
    • Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit
    • Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit
    • Janie Bay reik nuwe akoestiese album uit: “In die Sitkamer.”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Janie Bay Kalmeer South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleZaan Sonnekus Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hoog”
    Next Article Ben Dey announces ‘In Flow’ album
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read16 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.