Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    Janie Bay reik “Amper Daar” uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 10 ViewsMay 17, 2019
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die gewilde sangeres Janie Bay se eerste Afrikaanse enkelsnit “Amper Daar” is pas uitgereik. Janie verduidelik dat “Amper daar” handel oor hoe dit is om in `n verhouding te wees. “Soos mens dit regtig ervaar, nie soos in die flieks nie.”

    NetfloristOfferforge

    Janie het al voorheen ‘n paar Afrikaanse liedjies in samewerking met ander kunstenaars opgeneem, maar hierdie is die eerste solo liedjie wat as ‘n offisiële enkelsnit uitreik word.

    Janie Bay - Amper Daar

    “Ek skryf tans in Afrikaans en het dit baie geniet om hierdie liedjie te skryf en op te neem. Ek werk ook aan `n vollengte album wat hopelik oor `n paar maande uitgereik gaan word.”

    Janie verduidelik dat “Amper Daar” daaroor gaan dat mens eintlik nooit regtig in ‘n verhouding arriveer nie: “Dis `n reis wat twee mens saamneem wat nooit eindig nie, vandaar die “roadtrip” in die musiekvideo, wat ook pas uitgereik is, wat uitbeeld dat die kar altyd bly loop.”

    Janie voel opgewonde oor hoe musiek tans ontwikkel

    “Dis ‘n wonderlike tyd om te kan eksperimenteer met jou eie “vibe.” Ek ervaar dat die wêreld baie meer oop daarvoor is dat mens jou eie kleurvolle self kan wees. Dis `n tyd van nuwe style en interessante klanke en ek geniet die vryheid wat dit bied om myself te kan uitleef.

    Ons het almal soveel meer van onsself om te gee as wat ons aanvanklik besef. Dis lekker om te sien dat meer kunstenaars dit waag om hulle unieke stempels op musiek af te druk.”

    Janie Bay se sangloopbaan het die afgelope paar jaar opwindende draaie geloop

    Sy het in 2016 `n platekontrak met Warner Music geteken en haar album “Miscellany” wat in 2017 uitgereik is was benoem vir `n SAMA.

    Die liedjie “Can`t be the One” vanaf hierdie album het in 2018 `n Goue Toekenning vir “Beste musiek in `n Video” by die Queen Palm International Film Fees in Palm Springs, California ontvang.

    Videos van samewerkings tussen Janie en verskeie gewilde kunstenaars onder andere Jack Parow, Hunter Kennedy, Bouwer Bosch en Jan Bloukaas is kollektief al meer as 500,000 keer op YouTube gekyk.

    featured event

    Hunter Kennedy, wat saam met Janie verlede jaar die liedjie “Wag vir Jou” opgeneem het, voel dat sy iemand is om dop te hou: “Janie is die outentieke vroulike, Alternatiewe Pop stem waarvoor ek al lankal wag.”

    Janie se musiek kan ook gehoor word in die plaaslike films “Mooirivier” en “Vir Altyd.” Sy het ook haar eie weergawe van “You are my Sunshine” opgeneem vir die fliek “Stroomop.”

    Die van julle wat my ken sal weet dat ek glad nie ‘n fan is van Afrikaanse Pop musiek nie. Ek is ‘n ou rock ‘n roller, maar ek moet krediet gee waar dit nodig is. Skiet my as julle wil, maar ek dink “Amper Daar” is heel moontlik een van die beste Afrikaanse liedjies wat ek in 2019 gehoor het.

    As jy twyfel oor my assessment, kyk asb die “Amper Daar” musiek video hier onder:

    Wat dink jy van die song? Los kommentaar oor die liedjie hier onder en laat weet. Terugvoer is welkom.

    “Amper Daar” is by die aanlyn beskikbaar by hierdie skakel.

    Wees op die uitkyk gereeld opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit
    • Janie Bay en Danie Reënwolf reik “Ek Glo Nog In Jou” uit
    • Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit
    • Janie Bay reik video uit vir “Kalmeer”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Amper Daar Janie Bay Pretoria South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleAston Wylie releases New Single: “Stormy Waters”
    Next Article Deity’s Muse unveil video for new track “Still in Hiding”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.