Met sy splinternuwe enkelsnit “Wakker Lewe”, wat vanaf vandag beskikbaar is, nooi Jako Meyer luisteraars om stadiger asem te haal, meer bewus te leef en hoop raak te sien in ’n wêreld wat dikwels oorweldigend voel.
Die liedjie is in Januarie in Potchefstroom opgeneem en is gebore uit ’n idee wat hy al lank koester: om doelgerig en wakker te leef, selfs wanneer alles rondom jou rumoerig raak.

Volgens Jako bevind hy hom tans op ’n sterk plek – beide kreatief en persoonlik. Met “Wakker Lewe” het hy doelbewus gekies vir ’n meer toeganklike klank wat by ’n wyer gehoor aanklank kan vind.
“Die feel-good vibe van die liedjie weerspieël presies waar ek nou in my lewe is,” sê hy.
Jako Meyer bring ’n Voller Klank en Nuwe Energie
Die enkelsnit volg op sy vorige vrystelling, “Spansport”, wat ’n meer akoestiese benadering gehad het. Met “Wakker Lewe” skuif Jako Meyer egter na ’n ryker, voller produksie.
Volgens hom het die nuwe liedjie “’n bietjie meer om die lyf”, met ’n dinamiese klank wat beweging en energie toevoeg sonder om die kernboodskap te verloor.
“Wakker Lewe” is saam met Johan Viljoen geskryf en vervaardig – ’n kreatiewe vennootskap wat Jako as natuurlik en kragtig beskryf.
“Daar is altyd daardie laatnag-oomblik in die ateljee waar jy net wéét iets werk – gewoonlik wanneer die koor begin klik. Johan is ’n meester, en dit maak ’n groot verskil aan die eindresultaat,” vertel hy.
Vir Jako simboliseer “Wakker Lewe” ’n tydperk van positiwiteit, hoop en vryheid in sy eie lewe. Die liedjie gaan oor om elke dag doelbewus aan te pak en jou beste te gee, selfs te midde van uitdagings.
“Dit voel goed om daardie gevoel in ’n liedjie vas te vang,” sê hy. “Ek hoop mense kan net ontspan en saam luister.”
“Wakker Lewe” dien as ’n herinnering om stil te raak, bewus te wees en lig te vind in die alledaagse. Dit is ’n uitnodiging om die oomblik te omhels en met oop oë en ’n oop hart deur die lewe te stap.
Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.
Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.



