Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Jaid River Reik “Stad Van Verlange” Musiekvideo Uit

    Jaid River Reik “Stad Van Verlange” Musiekvideo Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 18 ViewsApril 20, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Jaid River se nuutste enkelsnit, “Stad Van Verlange”, is vroeër vanjaar saam met haar debuut-album, Verlanger, uitgereik en gaan oor die ervaring om agter te laat wat jy ken en die onsekerheid en twyfel wat daarmee gepaard gaan wanneer jy vir die eerste keer alleen in ’n nuwe stad of plek is.

    NetfloristOfferforge

    ’n Musiekvideo van dié kragtige ballade, wat sovêr baie goed ontvang word, is pas vrygestel en neem jou op ’n nostalgiese reis deur hierdie begaafde sanger en liedjieskrywer se lewe.

    Die video bestaan uit ’n kombinasie van ou gesinsvideo’s en meer onlangse tonele wat in Jaco Smit se ateljee (waar 11 van haar album se liedjies opgeneem is) in Midlands Estate opgeneem is.

    Jaid River

    Jaid River verduidelik

    “Hierdie hele video is eintlik so nostalgies. Ons het ou gesinsvideo’s gebruik van toe ek en my sussies jonger was. Dis ’n herinnering van kinderlike onskuld en wys stukkies van wie ek is, waar ek vandaan kom, en die mense wat grootste rol in my lewe gespeel het. Toe en nou,”

    “Buiten vir my sussies (wat my verhoognaam geïnspireer het) en ouers, was ek ook bevoorreg om twee van my beste vriende, Jaco Smit (my vervaardiger en musikant) en Manelisi Mdaka (baskitaarspeler), in die video te hê.”

    Net soos haar vorige video en publisteitsfoto’s, was GP van der Merwe, met Jaco van der Bank op tweede kamera, weereens aan stuur van sake tydens dié projek en is sy dankbaar vir die geleentheid om saam met mense te kon werk wat sy goed ken.

    Jaid River

    Jaid River vertel ons oor haar ervaring

    “Ek dink wanneer jy saam met vriende werk, is daar ’n ander dinamiek wat mense van buite af kan optel. Om saam met my ‘band’ te kon speel in die video was lekker en moeiteloos.”

    Meer inligting oor Jaid River

    Jaid River, wie se regte naam Jeanlie Minnie is, is in Potchefstroom gebore en het in George grootgeword. Dié Pretorianer het in 2016 (op die ouderdom van sewentien) by restaurante en markte begin optree.

    In dieselfde jaar, het sy die geleentheid gekry om by die Karoo Stilfees op te tree saam met kunstenaars soos Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Len Muller, en Jaco Van Der Merwe, en blywende vriendskappe is gevorm.

    NetfloristOfferforge

    Nadat sy haar diploma in 2021 verwerf het, het sy in alle erns op haar musiekloopbaan begin fokus. Sedert die amptelike vrystelling van haar debuut-album in Maart 2023, werk sy hard aan nuwe musiek en projekte saam met ander musikante en beplan sy om die land plat te toer met haar musiek.

    Met “Stad Van Verlange” se musiekvideo deel Jaid, net soos met haar lirieke, baie van haarself met luisteraars en sy hoop dié video sal mense herinner aan wat regtig belangrik is.

    Jaid River verduidelik die boodskap wat sy wil oordra met die liedjie

    “Die boodskap is dat daar mense is wat jou vorm en dat daar ’n kinderlikheid is wat soms verlore raak soos wat jy ouer word, maar tog is daar ook dele wat bly, sekere goed kan jy nooit vergeet of verloor nie,”

    Kyk die video vir “Stad Van Verlange” hier onder:

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker”
    • Jaid River Reik Nuwe Enkelsnit uit: “Marionet”
    • Jaid River Reik Nuwe EP Uit: “Marionet”
    • Jaid River Releases New Single: “Sidewalks”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Jaid River Pretoria South Africa Stad Van Verlange
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMajozi Releases New Single: “Honest”
    Next Article We Kill Cowboys Releases “Earth Demon” Performance Video
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.