Jaid River se nuutste enkelsnit, “Stad Van Verlange”, is vroeër vanjaar saam met haar debuut-album, Verlanger, uitgereik en gaan oor die ervaring om agter te laat wat jy ken en die onsekerheid en twyfel wat daarmee gepaard gaan wanneer jy vir die eerste keer alleen in ’n nuwe stad of plek is.
’n Musiekvideo van dié kragtige ballade, wat sovêr baie goed ontvang word, is pas vrygestel en neem jou op ’n nostalgiese reis deur hierdie begaafde sanger en liedjieskrywer se lewe.
Die video bestaan uit ’n kombinasie van ou gesinsvideo’s en meer onlangse tonele wat in Jaco Smit se ateljee (waar 11 van haar album se liedjies opgeneem is) in Midlands Estate opgeneem is.
Jaid River verduidelik
“Hierdie hele video is eintlik so nostalgies. Ons het ou gesinsvideo’s gebruik van toe ek en my sussies jonger was. Dis ’n herinnering van kinderlike onskuld en wys stukkies van wie ek is, waar ek vandaan kom, en die mense wat grootste rol in my lewe gespeel het. Toe en nou,”
“Buiten vir my sussies (wat my verhoognaam geïnspireer het) en ouers, was ek ook bevoorreg om twee van my beste vriende, Jaco Smit (my vervaardiger en musikant) en Manelisi Mdaka (baskitaarspeler), in die video te hê.”
Net soos haar vorige video en publisteitsfoto’s, was GP van der Merwe, met Jaco van der Bank op tweede kamera, weereens aan stuur van sake tydens dié projek en is sy dankbaar vir die geleentheid om saam met mense te kon werk wat sy goed ken.
Jaid River vertel ons oor haar ervaring
“Ek dink wanneer jy saam met vriende werk, is daar ’n ander dinamiek wat mense van buite af kan optel. Om saam met my ‘band’ te kon speel in die video was lekker en moeiteloos.”
Meer inligting oor Jaid River
Jaid River, wie se regte naam Jeanlie Minnie is, is in Potchefstroom gebore en het in George grootgeword. Dié Pretorianer het in 2016 (op die ouderdom van sewentien) by restaurante en markte begin optree.
In dieselfde jaar, het sy die geleentheid gekry om by die Karoo Stilfees op te tree saam met kunstenaars soos Joshua Na Die Reën, Lizandra Winter, Len Muller, en Jaco Van Der Merwe, en blywende vriendskappe is gevorm.
Nadat sy haar diploma in 2021 verwerf het, het sy in alle erns op haar musiekloopbaan begin fokus. Sedert die amptelike vrystelling van haar debuut-album in Maart 2023, werk sy hard aan nuwe musiek en projekte saam met ander musikante en beplan sy om die land plat te toer met haar musiek.
Met “Stad Van Verlange” se musiekvideo deel Jaid, net soos met haar lirieke, baie van haarself met luisteraars en sy hoop dié video sal mense herinner aan wat regtig belangrik is.
Jaid River verduidelik die boodskap wat sy wil oordra met die liedjie
“Die boodskap is dat daar mense is wat jou vorm en dat daar ’n kinderlikheid is wat soms verlore raak soos wat jy ouer word, maar tog is daar ook dele wat bly, sekere goed kan jy nooit vergeet of verloor nie,”
Kyk die video vir “Stad Van Verlange” hier onder:
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Access your money quickly and earn high interest with Kastelo! Enjoy near-instant access to your funds while earning over 7% interest! Unlike long-term investments their fintech enables daily lucrative returns! Why wait? Sign up NOW!