’n Spontane TikTok-video in Desember 2024 het Jacobus – ’n jong musikant van Robertson – se musiekloopbaan op ’n merkwaardige manier aan die gang gesit.
In die video gee hy ’n vars klank aan Demi Lee Moore se gewilde “Mis Eet Slaap Herhaal”, en vang daarmee nie net meer as 80 000 kyke nie, maar ook die aandag van Coleske Artists – wat hom vinnig ’n platekontrak aanbied.
Die geboorte van “Gat in jou sak”
Nou, skaars vyf maande later, reik Jacobus op 16 Mei sy debuutenkelsnit “Gat in jou sak” amptelik uit – ’n eerlike, akoestiese weergawe van Afrikaanse kontemporêre musiek wat reeds by aanhangers aanklank vind.
“‘Gat in jou sak’ was baie spontaan geskryf,” vertel Jacobus. “Ek en my broer was op pad plaas toe en toe kry ek die idee van iets verloor deur die gat in jou sak. Teen die tyd wat ons weer by die huis was, het ek met my kitaar gaan sit en die hele storie het eenvoudig uitgevloei.”
Jacobus het twee passies: wyn en musiek
Hoewel Jacobus hom tans toespits op sy wynkundestudies aan die Universiteit van Stellenbosch, bly musiek sy grootste liefde. Hy het op ’n wynplaas grootgeword en vertel dat sy pa se betrokkenheid by wynmaak daartoe gelei het dat sy twee passies – wyn en musiek – natuurlik saam ontwikkel het.
“My musiek fokus baie op storievertelling en om ’n gevoel te skep rondom die woorde. Ek dink die rou klank van die kitaar help om die boodskap van ‘Gat in jou sak’ regtig tuis te bring.”
Sy familie is vir hom ’n onmisbare deel van sy kreatiewe proses. “Ek weet ek kan altyd op hul eerlike terugvoer staatmaak. Of dit nou ’n nuwe liedjie is of net ’n idee – hulle dra by tot elke deel van my musiek.”
Vir Jacobus is die vrystelling van “Gat in jou sak” ’n droom wat bewaarheid word. “Dit voel onwerklik. Om my musiek met die wêreld te kan deel is iets waarvoor ek lank gewag het. Ek hoop mense kan hulleself vereenselwig met wat ek probeer sê – of dit hulle beter laat voel oor iets, of net ’n bietjie geluk bring.”
’n Musiekvideo vol gevoel
Dié liedjie gaan gepaard met ’n pragtige musiekvideo wat deur Elias verfilm is. Die TikTok-ster Mila G speel die vroulike hoofrol, en haar natuurlike kamera-teenwoordigheid en sin vir humor het perfek ingepas by die storielyn.
“Ons wys hoe iets klein, soos ’n emosionele glips of misverstand, kan lei tot die verlies van iets spesiaal – soos om iets deur ’n gat in jou sak te verloor. Dis visueel baie mooi.”
Kyk die video hier onder:
Stroom die liedjie HIER.
Jacobus, wat aan Hoërskool Boland Landbou gematrikuleer het, is al van jongs af musikaal. Hy het vir vyf jaar klavier gespeel en selfs vir ’n jaar tjello aangepak. Sport het ook ’n groot rol in sy lewe gespeel, totdat beserings hom gedwing het om sy fokus meer op musiek te plaas.
’n Droom-duet met Demi Lee Moore
As jy hom vra met wie hy eendag graag ’n duet wil opneem, antwoord hy sonder huiwering: “Demi Lee Moore. Sy was nog altyd op my playlist. My weergawe van ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ het vir my deure oopgemaak, so dit sal ongelooflik spesiaal wees om eendag iets saam met haar te doen.”
Die begin van iets besonders
Met ’n unieke klank, sterk waardes, en ’n natuurlike aanvoeling vir storievertelling, is dit duidelik: Jacobus is ’n nuwe stem in die Afrikaanse musiekwêreld om dop te hou.
“Gat in jou sak” is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Take control of your online privacy and access content from anywhere with NordVPN - the trusted choice of millions. Whether you're streaming, browsing, or shopping, NordVPN keeps your data secure and your connection blazing fast. Don’t wait — protect yourself today and get up to 70% off your NordVPN plan!