Akteur en nou ook sanger, Liam Bosman het sy debuut enkelsnit, “Brief vir jou” vrygestel. Liam, bekend vir sy rolle in bekende TV reekse en films soos Diepe Waters, Vir Die Voëls, Mooiweer en Warm, Dinge van ’n Kind, Doop en vele meer, is ook onlangs vereer by die jaarlikse Silwerskermfees met ’n nominasie vir ‘Beste nuweling in ’n telenovela of sepie’ vir sy rol in Diepe Waters.
“Brief vir jou”, Liam se eerste enkelsnit, is in September vanjaar geskryf. Alhoewel hy as kind kitaarlesse vir ’n wyle geneem het en in ’n musikale huis omring deur die klanke van Neil Diamond, Pink Floyd en Eric Clapton groot geword het, het hy nooit gedink sy stem is gepas vir professionele sang nie. Dit was eers na sy beste vriend hom aangemoedig het om sang verder te verken, dat hy een dag na werk besluit het om studios in Johannesburg te ‘google’ en die bal aan die rol te sit.
“Brief vir jou” is by High Seas Studios deur Jacques Du Plessisopgeneem en vervaardig. Liam het die kitaar en lirieke neergelê, en toe saam met Jacques aan die algehele produksie van die liedjie begin werk en idees en bykomende melodieë begin spoeg en plak. Die eindresultaat: “Brief vir jou” – ’n liedjie geïnspireer deur persoonlike verhoudings en ervaringe wat gevoelens van nostalgie en verlore herinneringe by luisteraars ontlok.
Liam Bosman lewer kommentaar op “Brief vir jou”
“Ons is geneig om altyd mense met wie ons verhoudinge mee gehad het, te romantiseer in die vorm van drome en dowwe herinneringe. Ons onthou altyd mense wie ons mis as perfek, al was dit nie in realiteit die waarheid nie.”
Die video vir “Brief vir jou” is in November in Kaapstad geskiet en Daniel Lasker het saam met Liam Bosman die regie van die video behartig. Liam het self die redigering van die video gedoen omdat hy beheer wou uitoefen oor die storie en sy visie vir die video.
Liam Bosman vertel ons meer oor die video vir “”Brief vir jou””
“Ek wou bewustelik nie die aktrise in die video se gesig wys nie, sodat kykers kan projekteer en aan hul eie ervaringe terugdink. Ek wou seker maak elke kyker kan homself or haarself in die video sien. Almal kan aanklank by die liedjie vind, dit is eenvoudig – die idee om mense te onthou as perfek en hulle te mis. Niemand is eintlik perfek nie, maar in ons herinneringe is hulle.”
Kyk die video vir “Brief vir jou” hier onder:
Jy kan Liam Bosman se “Brief vir jou” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
1 Comment
Eks te bang om daana te luister.