Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Hanru Niemand reik ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uit

    Hanru Niemand reik ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 2 ViewsJune 5, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Hanru Niemand het sy nuwe album, ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uitgereik. Dis sy 4de studio album sedert 2006.

    NetfloristOfferforge

    Hanru is ʼn veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland, waar hy bedags ook as sielkundige praktiseer. As musikant het hy sedert 2003 stil-stil vir homself naamgemaak onder musiek-kenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ʼn klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde. Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

    Hanru Niemand - Opgrawings vir 'n Lugkasteel

    Tot op hede het drie van Hanru Niemand se albums die lig gesien: ‘Tot Stilte’ (2006), ‘Roepwoorde’ (2010) en ‘Kreeftegang‘ (2016). Hierdie winter brei hy sy oeuvre uit met die toevoeging van ʼn splinternuwe album, getiteld ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ (2020).

    Meer inligting oor ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’

    Die album is vervaardig deur die talentvolle en enigmatiese Riku Lätti onder die vaandel van Die Wasgoedlyn Musiek. Finale meng- en meesterwerk is behartig deur Willem Möller, ʼn ewe indrukwekkende musikant wat vlerk gesleep het as Meneer Volume gedurende die eertydse Voëlvry-toer en deesdae werk as kopieskrywer en musiek-rangskikker in die Moederstad.

    Hanru verduidelik die album

    “Die album is deels retrospektief, soos ‘n argeoloog wat opgrawings doen by ‘n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ‘n post mortem wat wys hoe dinge skeefloop en die verval vastrapplek gekry het.”

    Soos ʼn goeie ou ‘mix tape’ bestaan ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ uit ʼn Kant A en ʼn Kant B

    “Kant A (Voetstoots) bevat songs wat ek dikwels live uitvoer. Die idee hier was om die musiek so na as moontlik aan ‘n live uitvoering te laat klink, daarom is die kitaar en stem gelyktydig opgeneem, anders as die moderne neiging om tracks apart op te neem. Van die snitte op Kant A is voorheen op ander albums opgeneem, maar ek wou juis weergawes van hulle boekstaaf soos ek hulle meestal doen – solo, net ek en die kitaar en die bekfluitjie,”

    Die liedjies wat op hierdie manier opgeneem is ‘Kreeftegang Wals’, ‘Avis Tannie’, ‘Gert Vlok Nel’, ‘Land van Kaïn’, ‘Worcester Woorde’, en ‘Verlange’. Hanru se getroue aanhangers sal hierdie liedjies herken as dié wat gereeld deur gehore aangevra word by optredes.

    Opgrawings vir 'n lugkasteel

    “Kant B (Ruïnes) bring iets heeltemal anders na die tafel. Dit bevat vier splinternuwe songs – ‘Freaky Joe’, ‘Morsige Momsen’, ‘Tiran’, en ‘Die prinses se lied’. Elkeen van hierdie liedjies wentel om ‘n hoofkarakters wat hulself op een of ander manier in die moeilikheid bevind. Hier speel ek saam met ʼn reeks wonderlike musikante wat elkeen ʼn spesiale dimensie aan die musiek verleen.”

    Die musikante wat saam met Hanru op Kant B optree is Wilken Calitz op viool, Riku Lätti op klavier, Mark Ellis op baskitaar, Jean Marais op tromme en Jacobus Grimm as agtergrondsanger. Die voorblad-kuns vir ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ is ʼn oorspronklike skildery deur Evert Esterhuizen wat digitaal deur grafiese ontwerper Corli Sadie rangskik is.

    featured event

    Luister na ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ HIER

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • “Behoort Aan Niemand Nie” Music Video released
    • Jack Parow Reik “Dis DDP” uit vir Dricus du Plessis
    • Zahn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Geval Vir Jou”
    • Ruderick Heuer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Skree Vir Altyd”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Cape Town Hanru Niemand South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticlePedro Barbosa Releases New Single: “Lock Me Down”
    Next Article Boargazm launch vicious new single: “Epsilon”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.