Hanru Niemand het sy nuwe album, ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’ uitgereik. Dis sy 4de studio album sedert 2006.
Hanru is ʼn veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland, waar hy bedags ook as sielkundige praktiseer. As musikant het hy sedert 2003 stil-stil vir homself naamgemaak onder musiek-kenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ʼn klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde. Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.
Tot op hede het drie van Hanru Niemand se albums die lig gesien: ‘Tot Stilte’ (2006), ‘Roepwoorde’ (2010) en ‘Kreeftegang‘ (2016). Hierdie winter brei hy sy oeuvre uit met die toevoeging van ʼn splinternuwe album, getiteld ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ (2020).
Meer inligting oor ‘Opgrawings vir ‘n Lugkasteel’
Die album is vervaardig deur die talentvolle en enigmatiese Riku Lätti onder die vaandel van Die Wasgoedlyn Musiek. Finale meng- en meesterwerk is behartig deur Willem Möller, ʼn ewe indrukwekkende musikant wat vlerk gesleep het as Meneer Volume gedurende die eertydse Voëlvry-toer en deesdae werk as kopieskrywer en musiek-rangskikker in die Moederstad.
Hanru verduidelik die album
“Die album is deels retrospektief, soos ‘n argeoloog wat opgrawings doen by ‘n antieke stad. Die opgraafwerk is egter ook gelyk aan ‘n post mortem wat wys hoe dinge skeefloop en die verval vastrapplek gekry het.”
Soos ʼn goeie ou ‘mix tape’ bestaan ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ uit ʼn Kant A en ʼn Kant B
“Kant A (Voetstoots) bevat songs wat ek dikwels live uitvoer. Die idee hier was om die musiek so na as moontlik aan ‘n live uitvoering te laat klink, daarom is die kitaar en stem gelyktydig opgeneem, anders as die moderne neiging om tracks apart op te neem. Van die snitte op Kant A is voorheen op ander albums opgeneem, maar ek wou juis weergawes van hulle boekstaaf soos ek hulle meestal doen – solo, net ek en die kitaar en die bekfluitjie,”
Die liedjies wat op hierdie manier opgeneem is ‘Kreeftegang Wals’, ‘Avis Tannie’, ‘Gert Vlok Nel’, ‘Land van Kaïn’, ‘Worcester Woorde’, en ‘Verlange’. Hanru se getroue aanhangers sal hierdie liedjies herken as dié wat gereeld deur gehore aangevra word by optredes.
“Kant B (Ruïnes) bring iets heeltemal anders na die tafel. Dit bevat vier splinternuwe songs – ‘Freaky Joe’, ‘Morsige Momsen’, ‘Tiran’, en ‘Die prinses se lied’. Elkeen van hierdie liedjies wentel om ‘n hoofkarakters wat hulself op een of ander manier in die moeilikheid bevind. Hier speel ek saam met ʼn reeks wonderlike musikante wat elkeen ʼn spesiale dimensie aan die musiek verleen.”
Die musikante wat saam met Hanru op Kant B optree is Wilken Calitz op viool, Riku Lätti op klavier, Mark Ellis op baskitaar, Jean Marais op tromme en Jacobus Grimm as agtergrondsanger. Die voorblad-kuns vir ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ is ʼn oorspronklike skildery deur Evert Esterhuizen wat digitaal deur grafiese ontwerper Corli Sadie rangskik is.
Luister na ‘Opgrawings vir ʼn Lugkasteel’ HIER
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.