Dodo Nyoka is geen vreemdeling in die Afrikaanse musiekbedryf nie. In 2022 het hy as die naaswenner van die tweede seisoen van Die Kontrak uitgetree, en sy debuutenkelsnit, “Foto’s”, se musiekvideo is al meer as vier miljoen keer op YouTube gekyk.
In 2023 het hy sy aanhangers bederf met twee snitte – “Frikkie vir ’n Rukkie” en “Country Girl van Bloem”. En nou is hy terug met ’n splinternuwe enkelsnit uit sy pen, met die titel “As Ek Opstaan”.
“Die liedjie is eintlik ’n briefie geskryf vir my toekomstige vrou vir wanneer ek dood is, maar dit is ook ’n gesprek tussen my en God,” het Dodo gesê oor hierdie mengsel van rock, pop en alternatiewe klanke.
Volgens Dodo Nyoka is die inspirasie agter die liedjie God
“Die storie gaan tussen my en God, ek wou nie wag vir my toekomstige vrou nie, so ek en God het eintlik ’n gestryery gehad en ek het ’n paar keer geval. Maar dis ’n belofte wat ek aan God maak dat ek sal wag vir die een. Hulle sê jy sal weet wanneer dit die een is, en ek dink die ‘weet’ is daardie klein stemmetjie van God.” sê Dodo Nyoka.
Dodo sê hy het hierdie liedjie gekies omdat hy onlangs sy lewe vir die Here gegee het. “Dit sê in die Bybel dat ons God se bruid is. So wanneer ons onsself kies bo oor God is ons selfsugtig. So hierdie liedjie is my belofte aan God om hom bo oor als te kies.” sê hy. “Ek voel elke man moet hierdie vir sy vrou of toekomstige vrou speel. As jy vir jou vrou wil sê hoe lief jy haar het, sonder om woorde te gebruik, is hierdie liedjie vir jou.”
Dodo stel ook ’n pragtige musiekvideo, wat aansluit by die liedjie se woorde, vry.
“As jy die musiekvideo gaan kyk, gaan jy sien hoe my kop en my hart werk. Ek deel my hart met die
kykers.” sê Dodo Nyoka.
Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.
Dodo sê die hoogtepunt van sy loopbaan sover is hoe die mense sy liedjie “Country Girl van Bloem” ontvang het.
“Dit is vir my so lekker om te sien hoe hierdie liedjie mense gelukkig gemaak het. Ek sê altyd ek is ’n sonneblom en die Here is die son. Sonder die son (die Here) gaan die sonneblom dood. En dis wat ek wil wees – daai warmte en lig wat die Here vir my gee, met ander mense deel.” sê hy.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Access your money quickly and earn high interest with Kastelo! Enjoy near-instant access to your funds while earning over 7% interest! Unlike long-term investments their fintech enables daily lucrative returns! Why wait? Sign up NOW!