Op Die Heuwels Fantasties se agste ateljee album, “Volume”, sien ons hoe hierdie konstante innoverende groep, hulle negentigs invloede in die huidige digitale- stroom- era inspan.”Volume”, wat op wat vandag uitgereik is, spog met ‘n eklektiese mengsel van akoestiese treffers, pop-punk, synth-ballades en so bietjie electro-folk vir `n uitsonderlike audio umami.
Hunter Kennedy vertel dat hy uit sy nate is oor die uitreiking van die nuwe album (“Volume”)
“Dit is ons derde een sedert die pestilensie en ek dink dit het in ons guns getel om geolie te bly. Pierre het ’n great job gedoen met die skryf van ‘EGGO’ en die samewerking met Spoegwolf het dit natuurlik tot ’n volgende vlak geneem. Ek hou ook baie van ‘Werk Vir ’n Lewe’ se energie.”
“Ons het dit ontgun daar waar Blink-182 die wortels begrawe het. Ek sou sê die album as geheel is ’n kombinasie tussen die volwassenheid van ‘Herverbeel’ en die dringendheid van ‘2021′. ‘Volume II’ is ook al amper klaar en dit maak my nog meer opgewonde. Ons het baie nuwe musiek om te deel!”
Fred Den Hartog lewer kommentaar oor die album
“Met ‘Volume’ het ons die saksofoon, kitaar, klavier, perkussie en stemme op ‘n ander manier benader. Ons het alles stuk- stuk opgeneem om uiteindelik by ‘n plek te kom wat vars, uniek en steeds ‘Heuwels’ is, as dit sin maak. Ek hoop almal hoor en voel ons deur hierdie paar songs te luister.”
Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album ‘EGGO’ is ‘n karige ballade vir onseker tye. Die subtiele klavier en tjello skep asemhalingsruimte vir Pierre (Die Heuwels Fantasties) en Danie (Spoegwolf) om hul aparte kwesbaarhede te emotiveer. Die lied se crescendo is ‘n katarsiese samekoms van twee generasies van alternatiewe Afrikaner. “EGGO” is alreeds vanaf 15 Oktober op alle digitale platforms beskikbaar.
Kyk die musiekvideo vir “EGGO” hier onder
Jy kan “Volume” HIER aflaai / stroom.
Die Heuwels Fantasties stel die ‘Volume’ album met hulp van hul vriende Early B, Coenie De Villiers en Refentse bekend op die 31ste Oktober 2021 by Fort Schanskop (naby die Voortrekker Monument in Pretoria). In samewerking met Jack Daniels en Marras.
Pierre Greeff sê: “Kan nie wag om saam met ons tjommies weer iets in Pretoria te doen op ‘n skaal wat ons nie kon in 500 dae nie. Volume by die Fort om ‘Volume’ die wêreld in te stuur! “
Kry kaartjies vir hierdie vertoning HIER.
Wees op die kyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Serious about cybersecurity? Safeguard your online privacy and access global content securely with Private Internet Access VPN — your ultimate shield against digital threats!