Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

    Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 76 ViewsNovember 13, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die sanger Christof Berg is in die Herfs van 1986 gebore en het grootgeword op Witkraal, ’n soutplaas in die Suid-Vrystaat. Christof het in sy loopbaan, tot nou, in meer as 40 lande wêreldwyd opgetree. Hy is tans terug op die plaas, om te werk aan `n vollengte Afrikaanse album wat in 2024 uitgereik word.

    NetfloristOfferforge

    Aanhangers van Christof Berg sal bly wees om te hoor dat die eerste enkelsnit, “Wil jy sien hoe lyk die hemel,” reeds op Vrydag 10 November 2023 bekendgestel is.

    Christof Berg

    Christof Berg vertel meer oor hoe hierdie uitsonderlike liedjie ontstaan het

    “Terwyl ek in my kombuis in die Kaap gestaan en roer het aan my kerrie, skiet `n reëltjie my te binne. Ek skribbel dit toe vinnig neer: “Ek gaan soek toe na die hemel, want ek het jou verskriklik gemis, maar die pad lei my toe reguit na Witkraal toe.”

    “Ek was nie aanvanklik seker wat dit nou eintlik beteken het nie; soms daag `n lied mos maar so geheimsinnig op, en dan moet `n mens wag om te sien waarheen die jou verder lei.  Witkraal-plaas is die anker van ons familie. Toe ek twee weke later weer daar op die plaas aankom, skryf die liedjie homself mettertyd stuk-stuk klaar.”

    Christof Berg Artist

    “Die proses hiermee het my herinner aan verlies, spesifiek die dood, hoe dit ons verwar en soms laat voel of dit die einde is. “Die winde in die panne het verkeerdom gewaai, die swaeltjies het verdwaal, hulle’t omgedraai, want jy’t huis toe gegaan om nie weer terug te kom, wat maak ek nou, o liewe son?” 

    Omdat “Wil jy sien hoe lyk die hemel” op Witkraal geskryf is, het Christof Berg besluit dat dit net van pas sal wees om die musiekvideo ook daar te verfilm. Die plaaswerkers van Witkraal was die tegniese span, opgedeel in spanne van kameramanne en klavierdraers.

    Dit was vir Christof Berg belangrik om die vleuelklavier en toerusting na al die ikoniese plekke op die plaas aan te ry en die trekker en wa is gebruik.  Op elke landskap van Witkraal het die klavier trots en reg gestaan vir aksie. Van die duine tot by die soutpanne, na die tukrvyboorde, pekanneutlande en ten einde die plaasingang.

    Witkraal is presies in die middel van die land geleë, net `n paar kilometer van die amptelike geografiese middelpunt van Suid-Afrika. Die geboorteplaas word `n metafoor vir die diepste binne van sy wese en dit word duidelik verhaal in die storie van die nuwe enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die hemel.” Die die middel van die land simboliseer die hart van Suid-Afrika en die terugkeer na Witkraal is ook simbolies vir die terugkeer na sy moedertaal, sy eie mense, `n tuiskoms na sy eie binneste.

    Christof Berg is opgewonde om die lied aan die land se mense bekend te stel. “Ek hoop mense geniet dit net soveel as wat ek dit geniet het om die lied te skryf en op te neem. Witkraal is `n metafoor vir die hart, die binnekamer waarna die soeke uiteindelik lei en die vrae beantwoord word. “Wil jy sien hoe lyk die hemel? Hier`s dit nou: die hemel is binne-in jou.”

    Express VPN

    Jy kan “Wil jy sien hoe lyk die hemel” HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit
    • ‘n Onderhoud met Christof Berg
    • Pieter Marcato sien uit na Lekker Tye met sy nuwe enkelsnit
    • Vrede Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hemel Op Die Aarde”

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Christof Berg South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticlePassenger Releases 10th Anniversary Album
    Next Article Rebel Bunny Releases New Single: “Ticket To Mars”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    1 Comment

    1. Anonymous on November 13, 2023 1:36 pm

      Christof van der Berg Music

      Reply
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Van Pletzen en Sossi
    March 26, 2026

    Van Pletzen & Sossi Reik “Maia-hee” Uit

    3 Mins Read15 Views
    Ruhan du Toit
    March 26, 2026

    Ruhan du Toit Reik “Dit Sal Lekker Wees, Dankie” Uit

    3 Mins Read14 Views
    Francois Van Coke
    March 24, 2026

    Francois Van Coke Reik “Happy en Lucky” Mini-Dokumentêr Uit

    2 Mins Read9 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Mad God
    March 27, 2026

    Mad God release Crushing Concept Album: “An Age Of Ash”

    3 Mins Read13 Views
    Carla Franco
    March 27, 2026

    Carla Franco Releases New Single: “Version of Me”

    2 Mins Read11 Views
    Jimmy Nevis
    March 26, 2026

    Jimmy Nevis Releases New Single: “PREY”

    2 Mins Read9 Views
    Goeters Om Te Doen
    J. Cole South African Tour 2026

    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    AmaGroove 2026

    AmaGroove: 22-29 March 2026

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    ULTRA South Africa 2025 Crowd

    ULTRA South Africa 2026

    Boyz II Men South African Tour - May 2026

    Boyz II Men Live in South Africa: May 2026

    Kunstenaar Profiele
    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Jack Atlantic

    Jack Atlantic

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read47 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read39 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read31 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.