Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Christiaan Baartman Reik “My Vrou” Musiekvideo Uit

    Christiaan Baartman Reik “My Vrou” Musiekvideo Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music Videos 10 ViewsJune 1, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Christiaan Baartman se splinternuwe enkelsnit, “My Vrou”, is onlangs aan radiostasies landswyd vrygestel en nou volg die hoendervleis-mooi musiekvideo van dié hartroerende liefdes-liedjie wat ‘n blik gee op die troudag vanuit ‘n man se perspektief. Die lied en video is ‘n verklaring van ‘n man se liefde aan sy vrou en dat hy altyd daar sal wees.

    NetfloristOfferforge

    Christiaan Baartmaan vertel meer oor die liedjie en sy musiekvideo

    “It takes two to tango en met “My Vrou” hoop ek om die spesiale dag te help vorm in albei se oë. Ons het ’n ongelooflike span gehad wat saamgewerk het om lewe te gee aan hierdie video – Imperfect Perfection, Pink Flower Productions, Beautiful Change en Captivating Mobile Hair and Makeup. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en ek is so opgewonde om die resultaat nou met almal te kan deel!”.

    Christiaan Baartman het die liedjie saam met Jattie De Beer geskryf. Die liedjie praat vir diegene wat nie weet hoe om hulle gevoelens oor te dra nie en dien as spreekbuis vir mans wat sukkel om te sê hoe hulle voel.

    Christiaan Baartman

    Meer inligting oor Christiaan Baartman

    Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2007 uitgereik toe hy twee-en-twintig was. In 2009 het hy ’n Huisgenoot Tempo-toekenning gewen vir Liedjieskrywer van die Jaar en sedertdien het hy twaalf nommer een-liedjies geskryf, waarvan sewe op sy tweede album – “Huppel In My Stap” (2012) – verskyn het.

    Hierdie veelsydige kunstenaar het ook in 2016 ’n Ghoema-toekenning gewen, ‘n kinderalbum saam met die SAMA-bekroonde musikant, Leon Jonkman vervaardig, die finale rondte op Idols SA in 2006 berei, vir Smokie in 2012 geopen en by Huisgenoot Skouspel opgetree in 2007.

    Verder het Christiaan Baartman saam met Johnny Late opgetree as die Bearded Man Band en put hy baie van sy inspirasie uit die lewe self. Voor Covid-19 het hy gereeld gereis om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling-bestemmings is beslis Nashville, waar hy byna elke jaar ‘n draai gaan maak het tot op datum, behalwe vir hierdie jaar. Dié talentvolle musikant glo daaraan om musiek met betekenis te maak.

    “My Vrou” is HIER aanlyn beskikbaar. Kyk die musiekvideo hier onder:

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”
    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”
    • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Stof”
    • Future Radio Teams Up with Christiaan Baartman

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    featured event

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Christiaan Baartman South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJames Deacon Releases New Single: “Rain On Me”
    Next Article Pedro Barbosa Releases New Single: “Lock Me Down”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Celeste Swift Interview
    August 7, 2025

    An Interview With Celeste Swift

    11 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.