Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
      • Photo Of The Week
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Wit Kasteel reik nuwe album uit: “Toegewyd”

    Wit Kasteel reik nuwe album uit: “Toegewyd”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 5 ViewsNovember 9, 2020
    Share This With Your Friends Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die Afrikaanse rockgroep, Wit Kasteel (Clemond Dartnall – hoofsanger en kitaarspeler, Ernst Nieuwoudt – hoofkitaarspeler, Reinard Kruger – baskitaarspeler en sanger en Waldemar Behr – dromspeler), raak by die dag meer populêr met hulle unieke rockklank en eerste enkelsnitte soos Toegewyd en Herinnering vanaf hulle splinternuwe album, Toegewyd, wat op die trefferparades van radiostasies landswyd pryk.  Dié album is ook pas uitgereik en gaan verseker bewonderaars se goedkeuring wegdra!

    NetfloristOfferforge

    Hierdie nuwe uitreiking bou voort op die unieke rockklank waarvoor dié viermanskap bekendheid verwerf het en bestaan hoofsaaklik uit ’n versameling opgewekte melodieë, met betekenisvolle lirieke, waarmee luisteraars kan identifiseer. ’n Paar rustiger, emosiebelaaide, snitte verseker dat daar iets op die album is wat aan elkeen se smaak sal voldoen.

    Wit Kasteel

    Wit Kasteel vertel ons meer oor die album

    “Hierdie album sluit ’n goeie kombinasie van oorspronklike liedjies, asook ’n paar bekende gunstelinge in. Ons wou graag ’n speellys saamstel wat iets vir almal het om na te luister.” 

    Wit Kasteel se selfgetitelde debuut-album is in 2015 uitgereik en was ook vir ‘n Ghoema benoem. Vanaf hierdie album het hulle groot naam gemaak met hulle eerste enkelsnit, ’n unieke verwerking van Laurika Rauch se Die Nostalgie. Dit was vir verskeie weke nommer een op Groot FM en Suidkaap FM se treffersparades.

    Wit Kasteel verduidelik wat hulle als geleer sedert hulle debuut-album

    “Ons het baie geleer sedert die vrystelling van ons debuut-album en het gevoel dis tyd om ’n nuwe een uit te bring om ons kennis en ervaring toe te pas en te wys hoe baie ons musiek gegroei het. Elke lied is geskryf met ’n boodskap in gedagte en daar is iets op die album wat almal se lewens van toepassing kan wees.”

    Alhoewel dit vir hulle moeilik is om ’n gunsteling uit te sonder, erken die ouens dat Elke Mens en Herinneringe hulle na aan die hart lê. Eersgenoemde omdat dit ’n diep lied is wat emosies raak en laasgenoemde omdat hulle dit so geniet om hierdie snit vir die gehoor te speel en omdat dit tans so goed ontvang word deur radiostasies regoor die land.

    Wit Kasteel vertel ons wie aan die album gewerk het

    “Ons almal het saam aan die album geskryf en ook hulp gehad van Josh Oosthuizen en Hugo Ludik by Muse Studios. En een van die liedjies is deur Karl Bremer, Die Nostalgie se skrywer, geskryf.”

    Luisteraars kan verseker ook uitsien na twee verwerkings van klassieke rockliedjies wat hulle, hul eie gemaak het op die nuwe album, maar die een wat jou beslis na jou asem gaan laat snak en ondmiddellik gaan laat regop sit is die verwerking van “House of the Rising Sun”,  ’n duet saam met die bekende en super talentvolle, teater liefling en aktrise, Elizca Coetzer (Hairspray, Live in Vegas, Rythm of the Night).

    Die titelsnit van die album is saam met Hugo Ludik van Muse Studios aanmekaar geslaan en is in Junie 2020 uitgereik.  Dit was uit die staanspoor baie gewild en kan steeds gereeld op radiostasies landswyd gehoor word. Hierdie kommersiële rocksnit gaan daaroor om positief te bly in moeilike tye, wat dan ook die rede is hoekom hulle dit as titel van die nuwe album gekies het.

    NetfloristOfferforge

    Wit Kasteel verduidelik: “Dit was die perfekte naam vir ons album, want ten spyte van die omstandighede is ons nog steeds ‘toegewyd’ aan ’n groter droom en ’n beter toekoms.” 

    Kyk die video vir “Toegewyd” hier onder:

    Meer inligting oor Wit Kasteel

    Wit Kasteel, wat vernoem is na ’n ikoniese gebou in Erasmuskloof, is aan die einde van 2011 deur Clemond en Jurie Schoeman gestig, omdat Clemond gevoel het dat hy nie lekker in die korporatiewe wêreld inpas nie. Nie een van die twee kon kitaarspeel nie, maar het kitare en ’n klanksisteem gekoop en begin oefen.

    Waldemar en Reinard was saam met Clemond op skool en na ’n toevallige ontmoeting en ’n advertensie op Facebook, het dié twee lede onderskeidelik in 2012 by die groep – wat toe net Engelse musiek gespeel het – aangesluit. Vandag is Clemond, Reinard en Waldemar nogsteeds deel van die groep, maar in 2017 het Ernst oorgeneem as hoofkitaarspeler.

    Tans is hulle besig om die reëlings vir hulle amptelike albumbekendstelling by Padstal in Pretoria te finaliseer, wat op 20 November 2020 om 19h00 sal plaasvind.  Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees.  Maak seker dat jy nie hierdie elektriese vertoning misloop nie! Geen onder 18’s toegelaat nie.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.

    RAMFest 2025 Desktop 728 Wit Kasteel reik nuwe album uit: "Toegewyd"
    Afrikaans Pretoria South Africa Wit Kasteel
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleAnn Jangle shares documentary for her African Dream Parade tour
    Next Article Watershed secures European record deal
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Valiant Swart
    By Henno KrugerMay 19, 2023

    Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    3 Mins Read57 Views
    Saarkie - Waar Le Jou Hart (Band)
    By Henno KrugerAugust 4, 2021

    Saarkie Reik Nuwe Album Uit: “Waar Lê Jou Hart?”

    5 Mins Read8 Views
    Andries Bezuidenhout - Spoorlangs
    By Henno KrugerJune 9, 2021

    Andries Bezuidenhout reik nuwe album uit: “Spoorlangs”

    4 Mins Read5 Views
    Wit Kasteel - Nog Een
    By Henno KrugerMarch 12, 2021

    Wit Kasteel reik nuwe enkelsnit uit: “Nog Een”

    2 Mins Read4 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Tino
    May 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Rosie Rosie”

    3 Mins Read11 Views
    Jacobus
    May 16, 2025

    Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

    4 Mins Read10 Views
    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
    May 15, 2025

    Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    4 Mins Read12 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Alice Phoebe Lou
    May 19, 2025

    Alice Phoebe Lou Releases New Single: “The Surface”

    3 Mins Read17 Views
    Koki The Mic
    May 17, 2025

    Koki The Mic releases new single: “Ra Tsena”

    2 Mins Read11 Views
    Jann Klose
    May 17, 2025

    Jann Klose releases new single: “When I’m With You”

    2 Mins Read12 Views
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read184 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read50 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read33 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.